Leesplan inligting

Advent: Wat beteken dit?Voorbeeld

Advent: Wat beteken dit?

DAG 4 VAN 5

Dag 4: Vreugde

Job 8:21 “Hy sal jou weer vreugde gee, jou van blydskap laat jubel." (NLV)

Filippense 4:4 “Wees altyd bly omdat julle weet dat julle aan die Here behoort. Ek sê dit weer: ‘Wees bly’.” (NLV)

Daar is verskeie plekke in die Bybel waar ons van vreugde kan lees. Die eerste teksvers is kort maar kragtig. Toe Job behoorlik getoets was deur God, was hierdie vers ‘n belofte aan hom, nog vóór Jesus se koms. Dit is 'n bewys aan ons dat dit is wat God vir ons wíl gee. Vreugde groei vanuit ‘n innerlike blydskap wat in geloof gewortel is.

Vreugde gaan ook gepaard met emosie, ‘n gevoel van konneksie, energie en betekenis — jou hart voel sommer warm! Met Jesus se koms was vreugde ‘n eienskap van sy karakter. Jesus het vertel van die ewige lewe en dat elkeen wat in Hom glo dit sal verkry. Dus het sy geboorte ‘n leemte kom vul.

In Filippense is dit weereens duidelik gestel dat vreugde gepaard gaan daarmee om aan die Here te behoort. Met Kersfeestyd ervaar ons ook vreugde deur saamwees, omdat elkeen van ons aan Hom behoort. Vreugde is aansteeklik en wanneer vreugde vanuit jou binneste borrel, verander dit sommer die atmosfeer rondom jou!

Jesus ís die Vreugde wat ons benodig om vir die wêreld te wys dat Hy leef.

Gebed: Here Jesus, dankie dat U vreugde binne in ons plant. Ons wil graag U ambassadeurs wees.

Onthou dat vreugde nie net ‘n emosie is nie. Dit is ‘n diep ervaring wat ons van binne af saam dra tot seën vir die wêreld om ons.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Advent: Wat beteken dit?

Advent: ‘n verwagting, iets wat gaan kom. Jy tel die dae totdat dit gebeur. God wou ons verras; om ‘n “geskenk” te stuur — Jesus! Voor Sy geboorte, het profete reeds voorspel dat iets deur God gestuur gaan word, 'n “tak...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid