Leesplan inligting

Advent: Wat beteken dit?Voorbeeld

Advent: Wat beteken dit?

DAG 1 VAN 5

Dag 1: ‘n Geskenk is op pad!

Lukas 1:26-30 “Toe Elisabet ses maande swanger was, het God die engel Gabriël na Nasaret, ’n dorp in Galilea, gestuur na ’n jong meisie met die naam Maria. Sy was verloof aan ’n man met die naam Josef, ’n afstammeling van koning Dawid. Gabriël het aan haar verskyn en gesê: “Ek groet jou, geseënde vrou! Die Here is met jou! Verward en ontsteld het Maria gewonder wat die engel se begroeting kon beteken. “Moenie bang wees nie, Maria,” het die engel gesê, “want God het besluit om jou te seën! Jy sal swanger word en ’n seun hê en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. En die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee. Hy sal vir ewig oor Israel regeer; en sy koningsheerskappy sal nooit eindig nie!” (NLV)

Sjoe … as ek Maria was sou ek waarskynlik flou geword het met die verskyning van ‘n engel. Wat opmerklik is, is die mooi manier waarop Gabriël vir Maria groet. Hy noem haar ‘n geseënde vrou. Ook dat sy nie bang moet wees nie. Maria is uitverkies deur God self, om die grootste geskenk van alle tye aan die wêreld te gee; ‘n Koning wat vir ewig sal regeer!

Dit kan nogal abstrak klink: ‘n geskenk wat gaan regeer in die vorm van ‘n koning. Tog, as gevolg van profesieë reeds vooruit gespreek, het die mense deur hul geloof van daardie tyd, alreeds geweet dat God iets beplan, dat Hy ‘n deurbraak vir die mensdom belowe het. Elkeen sal weet wie Hy is en elke tong sal getuig oor Hom.

Jesus Christus, die belofte wat waarheid geword het in die vorm van 'n mens. Hy wat hoop, vrede, vreugde en liefde gewórd het, sodat ons in oorwinning kan leef. Met Kersfees gee ons vir mekaar geskenke as simbool van die grootste geskenk ooit!

Gebed: Jesus, as ek dink aan wat U koms werklik beteken, wil ek elke dag blink papier op die kalender plak omdat U my reeds vooruit is. Ek weet nie wat in môre verpak is nie maar U weet en U is alreeds daar.

Jesus is aan ons gegee sodat ons kan leer om meer soos Hy op te tree. Sodoende kan óns weer geskenke wees vir ander mense.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Advent: Wat beteken dit?

Advent: ‘n verwagting, iets wat gaan kom. Jy tel die dae totdat dit gebeur. God wou ons verras; om ‘n “geskenk” te stuur — Jesus! Voor Sy geboorte, het profete reeds voorspel dat iets deur God gestuur gaan word, 'n “tak...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid