Leesplan inligting

Koffietyd met JesusVoorbeeld

Koffietyd met Jesus

DAG 5 VAN 5

Dag 5: Room Koffie

Sefanja 3:17 “Die Here jou God is by julle. Hy is ‘n magtige Verlosser. Hy is buitengewoon bly oor julle. Sy liefde sal julle rustig maak. Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel”. (NLV)

Hierdie teksvers is weereens ‘n belofte wat sag op die oor val. God se liefde maak ons rustig. Kan jy glo dat Hy oor ons jubel? Hy is bly en glimlag oor ons! Kan jy dink hoe dit sal wees as ons dié teksvers visueel kon sien? Ons sal sekerlik oorweldig word, dalk flou val as gevolg van die grootheid daarvan.

Toe God vir Jesus aarde toe gestuur het, het Hy as vlees tussen ons kom woon. Hy was skatryk in kennis, en het met doodgewone mense gemeng. Hy was die “room” vanuit die hemel gestuur, die heel beste om ons lewens te verryk en warm liefde uit te leef. Ook om die waarheid van die Woord van God te bevestig, die heel beste bestanddeel in ons lewens.

Koffie met ‘n goeie skep room bo-op laat my ook dink aan Jesus se genade wat in my siel insmelt; sag, ryk en vloeibaar.

Gebed: Here Jesus, ek is só dankbaar vir u liefde en dat ek u rus kan ervaar, tesame met u vreugde en genade wat regdeur my smelt.

Romerige koffie is beslis ryk en bevredigend. Dis dalk ‘n goeie idee om 'n houer room naby te hou as simboliek wanneer jy stil word.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Koffietyd met Jesus

Enige koffieliefhebber kan getuig van die lieflike aroma wat koffie gee, veral vroegoggend. Die eerste slukkie land sag op die tong en soms maak jy selfs jou oë in die oomblik toe. Deesdae is daar sóveel geure koffie bes...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid