Leesplan inligting

Koffietyd met JesusVoorbeeld

Koffietyd met Jesus

DAG 2 VAN 5

Dag 2: Geurige Koffie

1 Petrus 2:3 “Julle het mos net ná julle weergeboorte klaar geproe hoe goed die Here is.” (NLV)

In die konteks van hierdie teksvers word daar verwys na geestelike volwassenheid. Petrus leer die mense om die ou gewoontes en slegte gedrag neer te lê en te fokus op die goeie dinge vir die toekoms. Verder moedig hy ook die mense aan om saam met medegelowiges te groei.

Soos met koffie, kan sommige bitter smaak of ander het byvoorbeeld ‘n neut- of sjokoladegeur. Netso het ons as individue ook elkeen ‘n “geur”. Oral waar jy gaan dra jy dit saam. Wees vir ‘n oomblik eerlik: wat is jou geur? Is dit bitter of sjokolade? Trek jy mense nader met jou aroma of stap hul eerder weg sonder om te proe?

As gelowige word die Heilige Gees se geur ín jou gedeponeer. Jy is veronderstel om mense ná jou toe aan te trek. Jou unieke geur moet inspireer, motiveer en liefde laat vloei. Ek wil amper sê dat ander mense deur jou geur gelok moet word om meer te beleef van die deposito wat jy dra.

Gebed: Here, ek het U goedheid al beleef en geproe. Verfris my elke dag om u geur te versprei sodat ander dit kan inneem en meer daarvan wil beleef.

Vul ‘n klein bakkie met koffiebone en plaas dit op ‘n plek waar jy baie tyd deurbring, dalk selfs in jou kantoor. Só is daar letterlik ‘n welriekende geur wat jou sal herinner aan wat jy dra.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Koffietyd met Jesus

Enige koffieliefhebber kan getuig van die lieflike aroma wat koffie gee, veral vroegoggend. Die eerste slukkie land sag op die tong en soms maak jy selfs jou oë in die oomblik toe. Deesdae is daar sóveel geure koffie bes...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid