Leesplan inligting

Koffietyd met JesusVoorbeeld

Koffietyd met Jesus

DAG 1 VAN 5

Dag 1: Sterk Koffie

Psalm 27:1 “Die Here is my lig en my redding. Vir wie moet ek dan vrees? Die Here is my lewenstoevlug. Vir wie sal ek dan bang wees?” (NLV)

Psalm 27:14 “ Vertrou op die Here! Wees sterk en skep moed! Ja, vertrou op die Here”. (NLV)

Jy wonder dalk wat koffie met die Bybel te doen het? Wel, as 'n mens dink aan vroeg opstaan vir stiltetyd, met ‘n sterk beker koffie in hand, dan weet jy jou lyf gaan wakker word soos die kafeïen begin inskop.

Albei die teksverse hierbo moedig ons aan om sterk te wees en nie vir enigiets bang te wees nie. Die Woord kan, net soos koffie, jou gees wakker maak, die kanaal wees wat by Jesus uitkom. Behalwe dat koffie en die Woord jou lyf en gees ‘n hupstoot gee, mag jy dalk aanvoel dat daar nog Iemand saam met jou op die rusbank sit – koffiebeker in hand – Jesus.

Sy teenwoordigheid bepaal die geur vir jou dag. Dit is Hy wat sê “skep moed”, “wees sterk” en “vir wie sal ek bang wees?” Dikwels vind ons dat ons vooruit dink, jou dagboek roep en jy word gekonfronteer met baie take en verantwoordelikhede binne dié volgende 24 uur. Een ding is seker: deur die dag af te skop met bemoediging vanuit die Woord, berei jou voor om net soos die sterk koffie, ‘n aroma met jou saam te dra. Jou gedagtes is rustig en jou gees beweeg graag saam in dieselfde rigting.

Gebed: Here, ek voel soms flou en mismoedig, maar ek weet as ek die dag saam met U begin, sal ek sterk kan staan tussen die lyne van alles wat my aandag verg. Ek hoef nie bang te wees nie – U is van vroeg af by my.

Wanneer jy vroeg opstaan vir jou tyd saam met Jesus, maak sommer ‘n ekstra koppie koffie! Sodoende bly jy bewus van nog ‘n Persoon en kan jy die aroma van die Woord diep in jou gees indrink.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Koffietyd met Jesus

Enige koffieliefhebber kan getuig van die lieflike aroma wat koffie gee, veral vroegoggend. Die eerste slukkie land sag op die tong en soms maak jy selfs jou oë in die oomblik toe. Deesdae is daar sóveel geure koffie bes...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid