Leesplan inligting

Koffietyd met JesusVoorbeeld

Koffietyd met Jesus

DAG 4 VAN 5

Dag 4: Kafeïen

Jakobus 1:12“ Gelukkig is die mens wat in beproewing volhard! As die toets sy geloof as eg bewys, sal hy die lewe as oorwinningskroon ontvang. God het hierdie lewe belowe aan hulle wat Hom liefhet”. (NLV)

Hierdie teksvers maak my opgewonde! Dit voel soos ‘n hupstoot wat my aanspoor om te fokus, dis ‘n belofte van God. Om aan te hou volhard met energie wat jou vorentoe dryf om juis die belofte te ontvang.

Kafeïen in koffie het die volgende paar uitwerkings: jy haal vinniger asem, jou fisieke energie skop in en ‘n kognitiewe gewaarwording word beleef. Net so word ons aangespoor deur die Woord tot volharding, om bewus te wees van die uitwerking as ons dit te lees; God wat krag gee, wat jou aanmoedig om deur te druk in uitdagende omstandighede en om sy asem langs jou te voel.

Geestelike kafeïen het geen newe-effekte nie. Dit is elke dag voordelig om wakker te wees vir uitdagings en om te oorwin!

Gebed: Vader, dankie dat u Woord vir my vir elke dag nuwe insig en energie gee sodat ek nie moeg word nie. Saam met U is ek 'n oorwinnaar.

Elke keer wanneer jy ‘n koppie koffie drink, dink aan die voordele van kafeïen en dat God belowe dat jy ‘n oorwinningskroon sal ontvang wat Hyself op jou kop sal plaas.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Koffietyd met Jesus

Enige koffieliefhebber kan getuig van die lieflike aroma wat koffie gee, veral vroegoggend. Die eerste slukkie land sag op die tong en soms maak jy selfs jou oë in die oomblik toe. Deesdae is daar sóveel geure koffie bes...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid