Leesplan inligting

Hoop en vredeVoorbeeld

Hoop en vrede

DAG 5 VAN 5

Geseënde Kersfees

Hierdie profesie is honderde jare voor Jesus se geboorte uitgespreek. Johannes 3:16 (NLV) sê: “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” Dit is die wonderlikste geskenk wat enigiemand kan gee – om jou eie kind te gee om iemand anders te red. Dit is wat ons hemelse Vader gedoen het.

Miskien is jy vandag eensaam, of dalk siek of jy treur oor ’n geliefde ... maar daar was ’n Baba wat baie jare gelede na die wêreld gekom het om vir jou hoop te gee, krag te gee en om jou sterk te maak. Sy Naam is Jesus – die mooiste Naam in ons woordeskat. Wanneer ek daardie Naam hoor, wil ek huil van vreugde, want Hy het my oneindig lief; Hy het jou oneindig lief en Hy het sy lewe vir ons gegee.

Hierdie is dalk die laaste Kersfees wat ons het voor die Here Jesus terugkom aarde toe. Ons moet gereed wees vir sy koms. Hoe doen ons dit? Wel, ons moet glo Hy is die Seun van God. Dit is so eenvoudig. Ons hoef nie ons plek in die hemel te verdien deur harde werk nie. Al wat ons moet doen, is om te erken die Baba in die krip is God wat vlees geword het – Immanuel.

Hierdie oordenkings is geneem uit OP PAD MET GOD deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hoop en vrede

Miskien is jy vandag eensaam, of siek of jy treur oor ’n geliefde ... maar daar was ’n Baba wat baie jare gelede in die wêreld gekom het om vir jou hoop te gee, krag te gee en om jou sterk te maak. Sy Naam is Jesus – die...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid