Leesplan inligting

Hoop en vredeVoorbeeld

Hoop en vrede

DAG 3 VAN 5

Bouers

Ons is bouers; ons is nie afbrekers nie. In Matteus 16:18 (NLV) lees ons hierdie woorde van Jesus: “Op hierdie rots sal Ek my kerk oprig, en al die magte van die doderyk sal dit nie oorwin nie.” Ons God se werk is om te bou; Hy breek nie af nie. As sy kinders moet ons ook bouers wees. Ons moet mense opbou, nie afbreek nie. As ons nie iets goeds oor mense kan sê nie, moet ons liewer niks sê nie. Ons voel dalk ons het nie materiaal om mee te bou nie. Wel, soos Nehemia kan ons gebruik wat ons wel het – vriendelike woorde en ’n positiewe gesindheid.

Ek het al dikwels gesien wanneer ’n nuwe brug gebou word, bly die ou een behoue. Ek het met bouers gepraat en hulle gevra waarom hulle dikwels nie die ou brug afbreek wanneer hulle ’n nuwe een gebou het nie. Hulle antwoord was dat dit meer geld kos om ’n ou brug af te breek as om ’n nuwe een te bou.

Kom ons bou vandag mense op. Laat hierdie Kerstyd ’n tyd wees om God se mense te versterk en nie af te breek nie.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hoop en vrede

Miskien is jy vandag eensaam, of siek of jy treur oor ’n geliefde ... maar daar was ’n Baba wat baie jare gelede in die wêreld gekom het om vir jou hoop te gee, krag te gee en om jou sterk te maak. Sy Naam is Jesus – die...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid