Leesplan inligting

Hoop en vredeVoorbeeld

Hoop en vrede

DAG 4 VAN 5

Streef na eenheid

Ons moet met mekaar oor die weg kom en saamstaan – daar is krag in eenheid. Daar is nie plek vir eenmansvertonings nie. Moenie iets op eie houtjie probeer aanpak nie. Ons moet as gelowiges saamstaan. Die Bybel sê: “’n Driedubbele tou breek nie maklik nie” (Prediker 4:12b NLV). Dit is maklik om ’n enkel tou of selfs ’n dubbele tou te breek, maar ’n driedubbele tou word nie maklik gebreek nie. Dit is wat ons dikwels by huwelikseremonies hoor, nie waar nie? Dit is die man, die vrou en die Here Jesus in die middel. So ’n huwelik sal nie sommer gebreek word nie. Onthou ook, gesinne wat saam bid, bly by mekaar.

In die tyd van die Romeinse Ryk is daar dikwels gesê: “Verdeel en beheer!” Dit is wat hulle gedoen het om ’n land af te breek. Maar ons sê: “Ons staan saam!” Ons moet by mekaar staan – ma en pa, seuns en dogters, broers en susters. Dit is tyd vir die familie van God om te verenig. Dink aan enige spansport soos rugby en netbal – die span wat wen, is gewoonlik die span wat goeie spanwerk aan die dag lê. Dit is nie die span met individuele sterre in nie – dit werk gewoonlik nie noodwendig goed nie. Net so moet ons as gelowiges mekaar ondersteun, saamstaan en saam bid.

Laat ons hierdie Kerstyd verenig wees in ons liefde vir God.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Hoop en vrede

Miskien is jy vandag eensaam, of siek of jy treur oor ’n geliefde ... maar daar was ’n Baba wat baie jare gelede in die wêreld gekom het om vir jou hoop te gee, krag te gee en om jou sterk te maak. Sy Naam is Jesus – die...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid