Leesplan inligting

Wees jý die Barnabas.Voorbeeld

Wees jý die Barnabas.

DAG 7 VAN 7

SEëN ANDER

"Nadat die gemeente gevas en gebid en hulle die hande opgelê het, het die gemeente hulle laat gaan. So is Barnabas en Saulus deur die Heilige Gees uitgestuur" Handelinge 13:3,4(a).

Ek hou vreeslik baie van hierdie vers. Kyk net die erns waarmee die Christene in die vroeë kerk opgetree het. Wanneer hulle iemand wou seën het hul eers gevas, toe gebid en toe het hulle die hande op daardie persoon gelê. En wat is die gevolg van hierdie handeling? “So is Barnabas en Saulus deur die Heilige Gees uitgstuur.” Wow! Dis toe nie meer ‘n mensgerigte opdrag nie, maar die Heilige Gees self wat hulle wegstuur.

Volgens Wikipedia was dit ‘n Joodse gebruik dat die priesters vanaf ‘n rostrum of platform, hul hande oor die volk uitstrek as teken van God se seën. Daarmee belowe God dat Hy sy volk sal seën. Dis waar die gebruik vandaan kom dat die dominee op ‘n preekstoel staan as hy preek. Maar om iemand te seën is baie meer as om net jou hande uit te steek. Dis in der waarheid jy wat in jou hart bid dat die Heilige Gees saam met daardie persoon sal gaan.

Hoor net wat behels so ‘n seën: Ons lees dit in Numeri 6:24-26:

“Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!”

Die ding wat ons moet onthou, is dat God se seën nie noodwendig beteken ons sal ewige vreugde, gemak of rykdom hê nie. God se seën is baie meer as dit. Hy wil die dinge vir ons gee wat ewigheidswaarde het en wat tot ons voordeel sal wees. God beskerm ons omdat Hy ons liefhet en omdat sy genade onmeetbaar is in ons lewens. As ons in Jesus Christus is, sal God ons gebede verhoor en Hy sal glimlag oor ons. Die vrede wat God ons gee is om tevrede te wees in hierdie lewe, ten spyte van ons omstandighede.

Strek jou hande uit en seën jou man, jou vrou, jou kinders. Seën jou vriende, jou kollegas en die man op die straathoek. Vriende, ons moet ander mense seën, want ons loop elke dag onder die oormaat seën van ons Hemelvader se reddende regterhand rond.

GEBED:

My Hemelvader, baie dankie dat ek by U kan leer om ander mense te seën. Ja, selfs hulle wat lelike is met my. Baie dankie dat U my seën, beskerm, genadig is, my gebede verhoor en dat U my vrede gee. Amen.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wees jý die Barnabas.

Wees jy ‘n Barnabas vir ander. Wees lief vir Jesus Christus sodat jy vol kan wees van die Heilige Gees. Laat jou geloof jou dring om jou oor mense te ontferm, hulle moed in te praat en tweede of derde kanse te gee. Wees ...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid