Leesplan inligting

Wees jý die Barnabas.Voorbeeld

Wees jý die Barnabas.

DAG 4 VAN 7

ALLES WAT JY HET, BEHOORT AAN GOD

"... hy het ook die grond wat hy gehad het, verkoop en die geld gebring en dit vir die apostels gegee. Handelinge 4:36 (b).

Iemand het eenkeer gesê: “We can never outgive God.”

En dis so waar. Alles wat ons het, behoort in elk geval aan God. Hoekom raas en baklei ons dan tog so oor ons aardse goed?

Barnabas se lewensuitkyk is vir my ‘n inspirasie. Nadat hy tot bekering gekom het, het hy sy grond verkoop en die geld vir die apostels gaan gee. Toe het hy begin preek. Hy wou ook nie geld van die gemeentes vat nie. Nee, hy het ‘n ander werk gedoen om sy inkomste aan te vul.

Hierdie ou het die passie wat God in sy hart geplaas het, voluit uitgeleef. Hy het niks teruggehou nie, want hy het geglo en geweet hy wil die Verlossingsboodskap verkondig. Sy onselfsugtige leefstyl tref ‘n mens. Hy het eerder ‘n ekstra werk gedoen, as wat hy van die geld wou vat wat vir die armes kon gaan. Boonop was sy gesindheid nie een van: ek moet bymekaar maak nie. Dit was eerder een van uitdeel, weggee, sodat ander ‘n beter lewe kan hê.

Liewe vriende, mag Barnabas se leefstyl vir jou en my vandag bemoedig, dat ons sal onthou dat die geld wat ons kry, die huis waarin ons woon, die motor waarmee ons ry, die vrou en kinders om ons tafel, is alles maar net genadegawe uit God se hand. Ons verdien niks en op ons eie krag kan ons ook niks bereik nie. Dink maar aan Job se lewe: Ons kan alles eensklaps verloor!

Daarom moet ons seker maak ons geloof in Jesus Christus is vas; nie in geld en wat ons daarmee kan koop nie. Ons weet mos dat God die groot Voorsiener is. Handelinge 17:26 DB sê: “Dit alles het begin toe Hy lank terug die heel eerste mens gemaak het van wie al die volke afstam wat nou op die aarde woon. God het toe vir elke volk ‘n plek gegee om te bly. Hy het ook besluit hoe lank hulle daar sou bly.”

So hoekom sal ons so bekommerd wees oor wat ons gaan eet en wat ons gaan aantrek. God sorg dan vir die veldblomme en die voëltjies. Dan sal Hy mos verseker vir ons ook sorg. (Matteus 6:30-32).

GEBED

My Hemelvader, help ons vandag om ons allereers vir die koninkryk van God te beywer, want dan sal U ook al die ander dinge vir ons gee. Amen

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wees jý die Barnabas.

Wees jy ‘n Barnabas vir ander. Wees lief vir Jesus Christus sodat jy vol kan wees van die Heilige Gees. Laat jou geloof jou dring om jou oor mense te ontferm, hulle moed in te praat en tweede of derde kanse te gee. Wees ...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid