Leesplan inligting

Wees jý die Barnabas.Voorbeeld

Wees jý die Barnabas.

DAG 3 VAN 7

WAT STAAN OP JOU GETUIGSKRIF

"Barnabas was ‘n goeie man, vol van die Heilige Gees en met ‘n vaste geloof. ‘n aansienlike groep mense is tot geloof in die Here gebring" Handelinge 11:24.

Wanneer jy vir ‘n nuwe werk aansoek doen, moet jy heel dikwels jou CV ingee waarop jou naam, adres, geboortedatum, opleiding en vorige werkservaring staan. Saam daarmee, vra hulle gewoonlik ook ‘n getuigskrif van jou vorige werkgewer, of van jou predikant.

My vraag aan jou vandag is dit: Wat sê jou medegelowiges oor jou? Wat sal op die getuigskrif staan wat hulle oor jou gaan skryf?

Ons sien dikwels nie die hartseer raak in ons medegelowiges se lewe nie, want ons is so besig om onsself beter te laat lyk vir die wêreld, of ons is so besig om meer geld te maak om net nog meer dinge te kan koop, of ons is so besig om te kompeteer met ons vriende. Ons kar, huis, braaivleisplek kan mos net nie kleiner wees nie!

As ons Handelinge 11 lees, sien ons iemand wat sy hart vir Jesus Christus gegee het en wat toe ‘n besluit geneem het om voluit ‘n dienaar van God te wees. Ons teksvers in die AMP vertaling klink so: “For Barnabas was a good man (privately and publicly – his godly character benefited both himself and others) and he was full of the Holy Spirit and full of faith (in Jesus the Messiah, through whom believers have everlasting life). And a great number of people were brought to the Lord.”

Wanneer ek en jy die Here so met oorgawe dien, sal God se goedheid in ons lewe sigbaar wees – daar in jou privaatheid by jou huis, maar ook waar jy in die publieke oog is. Die liefde van Jesus sal nie net tot jou voordeel wees nie, maar veral ook tot voordeel wees van ander.

Wat beteken dit om ‘n vaste geloof te hê? Hebreërs 11:1 sê: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.”

Maak seker jou getuigskrif sal sê; ‘n Goeie man/vrou vol van die Heilige Gees en met ‘n vaste geloof.

GEBED:

My Hemelvader, vul my asseblief vandag met meer geloof, met ‘n vaste vertroue in U, sodat ek vol kan wees van die Heilige Gees. Amen

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wees jý die Barnabas.

Wees jy ‘n Barnabas vir ander. Wees lief vir Jesus Christus sodat jy vol kan wees van die Heilige Gees. Laat jou geloof jou dring om jou oor mense te ontferm, hulle moed in te praat en tweede of derde kanse te gee. Wees ...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid