Leesplan inligting

Tyd om te kyk hoe jy lykVoorbeeld

Tyd om te kyk hoe jy lyk

DAG 4 VAN 5

Is ek fiks?

Hebreërs 12:2 moedig ons aan om die wedloop te hardloop deur op Jesus te konsentreer. Hy het ons gewys wat dit beteken om op God te vertrou en Hy sal ons tot aan die einde daarmee help, sodat ons geloof sal bly wat dit behoort te wees. Dink aan sy voorbeeld.

Ps 46:11: “Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.”

Om aktief te wees is ‘n bewys dat jou lyf gesond is, dat elke ledemaat saamwerk om ‘n spesifieke aksie uit te voer. Wanneer jy byvoorbeeld draf, werk elke senuwee en die kleinste spiertjie saam om jou liggaam vorentoe te dryf. Jou longe teug diep aan suurstof en jou versnelde hartklop is ‘n bewys van lewe; jou vinniger polsslag, jy haal dieper asem, jou are bult van die bloed, jou lyf verbrand energie, en produseer energie en wen die afstand wat reeds agter jou is!

So 'n tydjie gelede het my lyf ietwat stagneer. Ek het gevoel hoe stadig my bloed vloei, en my asem net te min was om goed te funksioneer. Dis juis nié wie ek is nie. Ek moet beweeg!

Tog, te midde hierdie tydperk het ek baie geleer. Ek het geleer van opsetlike fokus, genade aan myself, om tussendeur die gejaag van die lewe klein ruimtes vir rus te soek. Ook om stil-fiks te word, om meer tyd met God deur te bring. Ek hou van stil word, om diep te delf en te bid. In my joernaal is meestal notas van gesprekke tussen myself en God. Maar ek besef al meer die waarde om “fiks” te bly in hiérdie gewoonte. Dit is moontlik.

Jy kan ook stil-fikser word. Ons hele wese het God se asem in die wedloop van die lewe nodig. Om stil te word maak ander dinge los: hoop, geloof en diepe dankbaarheid. Ook die gewaarwording dat die Heilige Gees langs jou kom sit. Nog meer, die besef van jou lewensreis reeds agter jou en dat jy noú teenwoordig is.

Tyd ... alle tyd is God se tyd. Hy het tyd geskep en ons moet dit met wysheid gebruik, veral wanneer ons binne elke dag moet funksioneer as sy verteenwoordigers — en dít is ‘n voorreg! Fokus vorentoe na die eindvlag waarop jou naam is en wéét die God van die heelal wag by die wenstreep!

Gebed: Here, soms voel dit asof die lewe letterlik met my weghardloop. Daarvoor is ek nie fiks genoeg nie, maar ek kan fikser word deur in stil word met U te praat of net vir ‘n wyle voor U te sit en op U te fokus, In die stilte kan ek U duideliker hoor. Ek kan die lewe in my are voel asook u asem langs my.

Stel jou oggend-alarm om ‘n paar minute vroeër op te staan, juis voordat jou dag begin spoed optel. Dáárdie doelbewuste tydjie is kosbaar en sal jy beleef dat jou dag ook beter verloop. Toets dit gerus!

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Tyd om te kyk hoe jy lyk

Elke mens kyk daagliks in die spieël. Ons sien onsself ingekleur en toegedraai vir die dag wat wag. Baie keer stap ons weg met soveel meer wat torring aan ons voorkoms, maar wat is dit regtig? Hoe "lyk" ek in my denke, m...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid