Leesplan inligting

Tyd om te kyk hoe jy lykVoorbeeld

Tyd om te kyk hoe jy lyk

DAG 1 VAN 5

Hoe sien ek?

Jakobus 1: 23-24: “Iemand wat altyd net die Woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat in ‘n spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.

Jesaja 43:10Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou”.

Hoe ons van buite lyk, is vir baie mense belangrik.

Jy staar lank na die spieël voordat jy die huis verlaat, jy spuit nog haarsproei op jou kuif wat presies bokant jou wenkbrou moet lê. Jy móét net beter lyk as hoe jy voel. ‘n Laaste "Colgate smile" en jou selfvertroue stap stadig en gepoets saam met jou by die deur uit.

Het jy al voor dieselfde spieël gestaan en jouself afgevra: “Wat maak ek met die onbeantwoorde vrae wat agter my gesig skuil?” Jy stap weg en vergeet hoe jy lyk, want dit wat jy sien en dit wat jy ervaar tydens ‘n uitdagende tydperk, is teenpole. Die teksvers in Jakobus verwys wel na ‘n ander konteks — ons kyk en vergeet net soos wat ons die waarheid van die Woord vergeet. Waarheid soos in Jesaja bevestig word.

Onlangs het ek weer gestaar — en die ontnugtering van teleurgestelde hoop in die spieël gesien. Die waarheid dáárvan het my laat besluit om die pouse-knoppie van die opname in my kop te druk. Hergroepeer, nie redeneer nie. Kan ek iets verander aan die magdom vraagtekens in my kop? Dalk nie letterlik nie, maar ek kan ‘n wilsbesluit neem om blindelings te vertrou, daar waar die wasem die spieël verdof.

Aanvaarding van dít wat ek nie kan verander nie is nooit maklik nie. Dit kan wel bevrydend wees as jy handdoek ingooi in die hemelse bak van gebede, daar waar God se stem weerklink “... Ek versterk jou, Ek hou jou vas ...”.

In ‘n tydlose oomblik met jou eie oë wat terug staar vanaf die wasige spieël, kan jy sien waarvoor Jesus gesterf het: ‘n onvolmaakte self wat deur genade omvou en behou word, al probeer jy alles toeplak. Al probeer jy vergeet wat jy gesien het ... dit is sy oë wat na jou terug staar. Jy is nog hier. Daar moet ‘n rede wees.

Gebed: Hemelse Vader, ek wíl U in my spieël van die lewe sien. Ek wil u waarheid “aanspuit” en daarin marineer. Ek wil in u oë kyk en genade voel soos net U kan gee.

Onthou dat die vyand alles in sy vermoë doen om jou te weerhou van Waarheid. Skryf ‘n nota aan jouself en plak dit op die badkamer se spieël: “Ek is nié wasem nie. Ek is sy asem!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Tyd om te kyk hoe jy lyk

Elke mens kyk daagliks in die spieël. Ons sien onsself ingekleur en toegedraai vir die dag wat wag. Baie keer stap ons weg met soveel meer wat torring aan ons voorkoms, maar wat is dit regtig? Hoe "lyk" ek in my denke, m...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid