Leesplan inligting

Tyd om te kyk hoe jy lykVoorbeeld

Tyd om te kyk hoe jy lyk

DAG 3 VAN 5

Wat sê my karakter?

Johannes 15:12: “Dit is my opdrag: julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet."

1 Petrus 3:8: “Ten slotte: wees eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig en nederig.

‘n Tydjie gelede lees ek hierdie wonderlike stelling: “wat hoor ‘n blinde mens by my en wat sien ‘n dowe mens by my?”. Lees dit weer!

Elke mens het ‘n karakter. Soms kruip van jou karaktereienskappe weg en manifesteer meestal op die onmoontlikste tye. Hoeveel keer het jy al gehoor “ag, ek maak net ‘n grappie”... ‘n flou verskoning vir ‘n ongevraagde opmerking. As jy laasgenoemde kon uiter beteken dit dat daardie gedagte reeds in jou hart woon. Of wat van hierdie een: “toemaar, jy sal weer opstaan na ...” of “alles sal uiteindelik goed uitwerk ...”. Ons probeer paai sonder enige ervaring van die omstandighede waarin die persoon hom of haar bevind. Ja, soms bedoel ons dit goed.

Hoe “lees” mense jou? Dra jou woorde gesonde gewig? “Sien” mense iets anders in jou, hoor hul ware liefde, medelye, goedheid. Die stelling aan die begin van hierdie dagstukkie slaan my steeds tussen die oë. Nog ‘n persoon (onbekend) het al geskryf: “Kom sit by my want ek is ook vlot in stilte”. Dít is karakter. Vergeet van jouself, voel iemand anders se pyn, dis nie altyd nodig om te praat nie. As die dowe persoon jou sien, sal hy of sy vir Jesus sien? As die blinde jou hoor, sal hy of sy Jesus se stem hoor?

Gebed: Here, ek is 'n mens en kan soms heeltemal van ander mense om my se omstandighede vergeet. My dagboek droog my uit, ek leef ander mis. Spreek in my siel in om U elke dag “aan te trek” .

Soms dink ons ons weet presies wat ons karakter wys of sê, maar dis goed om na te dink en weer daardie eerste stelling hier bo te lees. Dit torring behoorlik aan my gedagtes.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Tyd om te kyk hoe jy lyk

Elke mens kyk daagliks in die spieël. Ons sien onsself ingekleur en toegedraai vir die dag wat wag. Baie keer stap ons weg met soveel meer wat torring aan ons voorkoms, maar wat is dit regtig? Hoe "lyk" ek in my denke, m...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid