Leesplan inligting

Tyd om te kyk hoe jy lykVoorbeeld

Tyd om te kyk hoe jy lyk

DAG 2 VAN 5

Self(ie) Teenwoordig

Spreuke 4:23 “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe”.

Hou van my, deel my, volg my, kyk na my ...

Dis verskeie aksies met verwysing na sosiale media wat in ons lewensruimte ‘n permanente lêplek gevind het. Die tendens om te leef in ‘n voortdurende wedloop van blootstelling en om ingelig te bly. Vir baie mense beteken dit aanvaarding, maar laasgenoemde is na een skermrol weer weg. Wat word in my hart gedeponeer? Waarmee word my gees gevoed?

In my daaglikse omgewing is ek deel van die virtuele draadlose frekwensie-kultuur. Die belangrikheid om in verbinding te bly, blaas hygend in my nek. Soms voel ek oorweldig met die wonder van tegnologie, asook die invloed van platforms wat legio geleenthede skep om gehoor en gesien te word.

Soveel keer ervaar ek egter ‘n ontkoppeling van al die verbindings; ek buffer tussen werklikheid en die huidige, die bewustelike hier en nou.

So 'n tydjie gelede het ek gehoor iemand sê dat ons die “nou” oomblikke misloop. Ons “tweet”, “post” en plak “selfies” oral waar moontlik. Die ondervinding om nóú teenwoordig te wees, hang aan ‘n geïsoleerde draadjie en om baie dinge gelyktydig te doen, blyk ‘n spesiale gawe te wees. Verder het hy vertel dat die probleem met tegnologie in beginsel, in ons eie harte kan wees. Ek het by hierdie stelling stil geraak en aan die teksvers in Spreuke 4 gedink. Dit word ook mooi gestel in die AFR20: “Bewaak jou hart meer as enigiets wat bewaar word, want daaruit ontspring die lewe”. “Bewaak” beteken om "wag te hou". Wat vloei vanuit jou dieper wese, tot by jou mond uit?

Ek glo dat dit nie noodwendig is waar ons tussen al die verbindings leef nie, maar hoe ons kiés om te beweeg. Balans. Aflyn oomblikke. Tasbare verbindinge.

Geen mens kan teenwoordigheid “multitaakverrig” nie.

Gebed: Here, daar is sóveel frekwensies wat in ons ore skree en platforms wat ons oë dwing om te kyk. Wees my asseblief genadig, om daagliks my oë en ore in te stel vir u stem se hemelse frekwensie, u Gees wat my hart volmaak sodat my lewe suiwer kan vloei in die lewensruimtes waar ek beweeg.

Daag jouself uit om op te let na die tyd wat jy op die skerm in jou hand deurbring en die tyd wat jy in die Woord op die bedkassie belê. Watter een is die beste belegging? Invloed na buite of insig na binne? Jou voetspoor “buite” kan inspireer eerder as infekteer.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Tyd om te kyk hoe jy lyk

Elke mens kyk daagliks in die spieël. Ons sien onsself ingekleur en toegedraai vir die dag wat wag. Baie keer stap ons weg met soveel meer wat torring aan ons voorkoms, maar wat is dit regtig? Hoe "lyk" ek in my denke, m...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid