Oggende Saam Met Die Heilige GeesVoorbeeld

Mornings With The Holy Spirit

DAG 3 VAN 7

Wie Sê Jy Is Ek?

Jesus het eenmaal vir sy dissipels gevra: "Wie sê julle is Ek?" Baie mense het geweet dat Hy 'n groot profeet is, maar dit was slegs Petrus wat die openbaring ontvang het dat Hy die Christus, die Seun van die lewende God is. Nou vra ek jou, wie sê jy is Ek? Baie mense verontagsaam My werk in hul lewens want hulle verstaan nie wie Ek is nie. Selfs diegene wat My ken, is nie deulopend bewus van my teenwoordigheid en die opregte onthulling van My liefde vir hulle nie. Wie sê jy is Ek? Deursoek My hart en Ek sal jou 'n nuwe terrein van My getrouheid, My goedheid, en soveel meer wys. Deursoek My hart.

Gebed

Heilige Gees, ek weet wat Jesus van U gesê het, en ek het van U gelees in die Skrif, maar ek wil U meer en meer ken — deur ondervinding. Ek wil U opnuut ondervind vir wie U is. Help my om u hart te deursoek, en wys my meer van Uself.

Aangaande hierdie leesplan

Mornings With The Holy Spirit

Hierdie oordenkings is bedoel vir enigeen wat graag in gemeenskap met die Heilige Gees wil wees. Bestudeer die woorde wat die Heilige Gees vir Jennifer LeClaire gegee het gedurende tye van aanbidding, gebed en haar alledaagse lewe.

More

Ons wil graag Jennifer LeClaire and Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/morningskindle