Leesplan inligting

Vind God in WerkloosheidVoorbeeld

Finding God In Unemployment

DAG 6 VAN 7

Werkloosheid en Rus


Om werk te soek, voel soms self soos 'n voltydse werk. Dit is maklik om die normale ritmes van die alledaagse lewe uit die oog te verloor wanneer ons sonder werk is of werk soek.


Daar is baie hindernisse wat ons verhoed om te rus, dit begin in ons gedagtes en dit is veral waar in 'n tydperk van werkloosheid. Dit is baie moeilik om te rus wanneer jou lewensomstandighede veroorsaak dat jy 'n wrok teenoor ander begin koester. 'n Vrees vir die magdom dinge wat verkeerd kan loop, of angs oor ander se verwagtinge. Hebreërs 12:1-3 herinner gelowiges om die struikelblokke in ons denke te laat vaar en eerder na Christus op te kyk en op Hom te vertrou vir die toekoms.


Kyk na jou huidige omstandighede vanaf die verre toekoms (ook bekend as 'n "vinnig vorentoe"-model van besluitneming). Hoe sou jy dan anders oor jou huidige omstandighede dink? Help dit om te weet dat jou lewe ewige betekenis het? Onthou dat God ons so liefgehad het dat Hy bereid was om die plek van volmaakte rus te verlaat om na die onrus van hierdie wêreld te kom. Christus, die Here van die sabbat, het mens geword en Hy het "geen plek gehad om sy hoof neer te lê nie" (Matteus 8:20), sodat sy volgelinge werklike rus kon vind. Hy wil daardie rus vir jou gee.


Gebed


Here, help my om my rus in U te soek. Lei my terwyl ek 'n ritme van gebed probeer vind, veral in my onstuimige tye. Ek gee lof en eer aan U as die Een wat ter wille van my na 'n moeilike wêreld gekom het. Laat my altyd rus in U onveranderlike liefde. Amen.


Verdere Verkenning


Volg die skakel om in die Theology of Work Project verder te lees hoe Christene 'n dieper rus kan ondervind.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Finding God In Unemployment

Werkloosheid kan ons geestelik, liggaamlik, verstandelik en emosioneel uitdaag. Hierdie 7-dag leesplan sal jou te midde van die ingewikkeldhede van werkloosheid help om God te soek.

Dank aan Theology of Work Project wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek hul webwerf: www.theologyofwork.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid