Leesplan inligting

Vind God in WerkloosheidVoorbeeld

Finding God In Unemployment

DAG 3 VAN 7

Getrouheid in Teëspoed


Wanneer ons werkloos is, is die versoeking om valshede oor God te glo, baie werklik. In ons lyding kan ons teenoor God verbitterd raak of glo dat God teen ons gekant is. Ons sien hierdie versoekings in die verhaal van Job.


In die boek Job probeer die Satan om 'n strik vir Job te stel, 'n man wat wyd en syd as 'n goeie en regverdige man bekend gestaan het. Die Satan sê vir God dat as Hy die seëninge wegneem wat Hy so ryklik aan Job gee, sal Job vir God vervloek. As die Satan Job kan laat glo dat hy deur God gestraf word, sal Job in een van twee strikke trap. Hy sal sy regverdige gewoontes laat vaar met die verkeerde aanname dat hierdie gewoontes nie vir God behaag nie. Of, uit die Satan se oogpunt, sal Job teenoor God verbitter word vir sy onverdiende straf, en God heeltemal verlaat.


In tye van moedeloosheid en onsekerheid kan dit help om te onthou dat leuens oor God se karakter strikke is wat die aanklaer, Satan, vir ons stel. Dit is in orde om kwaad te wees oor ons omstandighede – die Psalms is vol van mense wat hul woede en frustrasie na God toe bring. Ons kan egter daardie woede kanaliseer na groter eerlikheid voor God en dieper vertroue in Hom, in plaas daarvan om 'n bittere wrok te koester.


Selfs in sy swakste oomblikke het Job God se gesag oor al sy lewensomstandighede, goed en sleg geseën: “Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here” (Job 1:21). Gedurende tydperke van werkloosheid kan ons vertrou dat God se goedheid dieselfde bly.


Gebed


Geseënd is u Naam Here, ook in tye van benoudheid. Ek verstaan nie alles waardeur ek nou gaan nie, maar ek bid dat U my wysheid en onderskeidingsvermoë sal gee. Help my om eerlik met U te wees oor my vertwyfelings en frustrasies. Help my om te groei in my verhouding met U. Amen.


Verdere Verkenning

Volg die skakel na Theology of Work Bible Commentary om verder te lees uit die boek Job en hoe dit op jou werk van toepassing is.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Finding God In Unemployment

Werkloosheid kan ons geestelik, liggaamlik, verstandelik en emosioneel uitdaag. Hierdie 7-dag leesplan sal jou te midde van die ingewikkeldhede van werkloosheid help om God te soek.

Dank aan Theology of Work Project wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek hul webwerf: www.theologyofwork.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid