Leesplan inligting

Vind God in WerkloosheidVoorbeeld

Finding God In Unemployment

DAG 1 VAN 7

Is Dit Jou Verhaal?


Keri Anguiano skryf oor haar voortdurende moeilike stryd om werk te kry: “Niemand sou kon voorsien dat ek as 28-jarige met 'n meestersgraad, verskeie sertifikate en vier kinders, geen werk sou hê nie ... Elke jaar moet ek 'n nuwe werk soek. Die brief wat ek elke jaareinde kry, sê vir my daar is eenvoudig nie genoeg geld om my as onderwyseres aan te hou nie. Hulle is jammer dat hulle my moet laat gaan. Die volgende paar maande is vol nederige oomblikke. Van staan in rye vir kosseëls, aansoek doen vir staatsversekering, en elke wakker oomblik te gebruik om werksaansoeke in te vul.”


Dit is ook baie ander mense se verhaal, veral sedert die ekonomiese insinking vanaf die laat 2000's. Sommige is ná jare se getroue diens uit hul werke ontslaan. Ander is bekommerd dat tegnologie hulle van die beskikbare werk sal beroof. Intussen redekawel kenners oor die redes, of die ekonomie besig is om te herstel, dat mense nog steeds van die huis af werk.


Miskien het jy hierdie leesplan oopgemaak omdat jy werkloos is, en jy wonder waar God in jou omstandighede is. Miskien is jy afgedank en soek jy werk. Of jy is afgedank, maar jy soek nie eens meer nie. Oor die volgende ses dae sal jy van God se leiding vir werkloses lees en herinner word dat God se genade ons versterk, selfs te midde van die ingewikkeldhede van werkloosheid.


Gebed


Here, ek sien nie altyd waarheen U my lei nie, maar ek vertrou dat u beloftes vir my waar is en dat U die goeie uit alle omstandighede sal bring. Vertroos my in tye van wanhoop, en help my om op u ewige arms te steun. Amen.


Verdere Verkenning

Klik en volg die res van Keri Anguiano se insigte oor haar moeilike pad om werk te soek.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Finding God In Unemployment

Werkloosheid kan ons geestelik, liggaamlik, verstandelik en emosioneel uitdaag. Hierdie 7-dag leesplan sal jou te midde van die ingewikkeldhede van werkloosheid help om God te soek.

Dank aan Theology of Work Project wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek hul webwerf: www.theologyofwork.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid