Leesplan inligting

Vind God in WerkloosheidVoorbeeld

Finding God In Unemployment

DAG 2 VAN 7

God se Liefde Faal Nooit Nie


Sommige uitdagings van werkloosheid — soos verlies aan inkomste en stadige loopbaanvordering — se uitwerking is voor die hand liggend. Werkloosheid kan egter op ander maniere 'n tol eis. Werkloosheid kan ons sin vir doel en identiteit afbreek. Afhangende van die redes vir jou werkloosheid, kan jy sukkel met gevoelens van skaamte of hopeloosheid. Vrees vir gebrek aan lewensmiddele of ander voorsiening kan onophoudelike angs veroorsaak. Al hierdie dinge kan ons seermaak. Tog kan hulle nie oor ons triomfeer nie.


Ons is dalk baie bekend met die verse uit Romeine 8 oor God se onfeilbare liefde. Maar het ons al daaraan gedink om dit in ons werkloosheid toe te pas?


Christus se getrouheid – en ons s’n, deur God se genade – oorwin die ergste wat die lewe aan ons kan doen. As loopbaanvordering, inkomste of aansien ons hoogste doelwitte is, kan ons uiteindelik baie teleurgesteld wees. Daardie teleurstelling kan die ergste gevoel word wanneer ons nie werk kan kry nie. As verlossing – dit wil sê versoening met God en mense – ons vernaamste hoop is, dan sal ons dit vind te midde van sowel goed as sleg. Beide met en sonder werk. Christus het gesterf en opgestaan en is aan die regterhand van God waar Hy vir ons intree. Selfs ons donkerste oomblikke kan ons nie van God se liefde skei nie. Ons kan in daardie kennis berus.


Gebed


Here ek voel soms asof die huidige en toekomstige uitdagings my van u liefde skei. Help my om te onthou dat dit nie die geval is nie. U liefde omvou my keer op keer. Help my om op te let na die maniere hoe U vir my voorsien, en help my om selfs nou maniere te soek om u doelwitte in die wêreld te bevorder. Amen.


Verdere Verkenning

Volg die skakel om verder in Theology of Work Bible Commentary te lees hoe ons Romeine 8 in ons soeke na werk kan toepas.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Finding God In Unemployment

Werkloosheid kan ons geestelik, liggaamlik, verstandelik en emosioneel uitdaag. Hierdie 7-dag leesplan sal jou te midde van die ingewikkeldhede van werkloosheid help om God te soek.

Dank aan Theology of Work Project wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek hul webwerf: www.theologyofwork.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid