Leesplan inligting

Dis Tyd Vir FokusVoorbeeld

Dis Tyd Vir Fokus

DAG 4 VAN 7

Oorlaai!?

1 Petrus 5:7 “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle”.

Filippense 4:6 “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”

Die rekenaarskerm skel vir jou pupille, fone en sosiale media notas “ping” beurtelings. Jou dagboek voer lyn-vir-lyn oorlog met tyd en jou brein voel soos ‘n oorwerkte stofsuier. Opgesuig en ingesuig. Dit voel selfs of die wêreld op "hoverboards" verby sweef en jy …? Jy hang net. Binne ‘n abstrakte vakuum van “dis nét te veel”.

Het jy al só gevoel? Jou antwoord sal waarskynlik "ja" wees, met ‘n noodkreet beklemming vanuit die dik-rooi uitroepteken in jou maag. Hoe gemaak as als om jou net te veel raak? Soms oorval gedagtes jou angstig ter middernagtelike ure, wanneer jou psige wat nie kan afskakel nie, jou herinner aan die taaklysie op die lessenaar, waarby jy op daardie oomblik nog ‘n paar punte kan byvoeg.

En so voer ons ‘n ewige stryd met tyd; ek en jy geklee in grys spanning, met arme ou gewete wat naarstiglik aan jou torring vir ‘n spreekbeurt.

Of ... is dit dalk Hy?

“Maar ek kan nie help as dinge dol raak nie.” Ja, jy kan, dit is moontlik. “Maar jy verstaan nie.” Ja ek doen.

Ons elkeen bepaal self die intensiteit van wat ons toelaat in ons lewens. Ons bepaal met ons pen of sleutelbord om die oorlog tussen die lyntjies in ons dagboek te bemiddel. O ja, dan is daar ‘n unieke woord wat min gebruik word: “nee”.

Wie is jou bemiddelaar? Grys spanning en gewete speel nie hierdie spel om te verloor nie, dis keuse wat die skeidsregters-rol vertolk.

Keuses. Moeilik om te maak. Verantwoordelikhede. Lojaliteit. Rekeninge. Werk. Gesin. Self. Hul gryp na tyd wat ons nie het nie. Stop!

In die film The Last Samurai was daar ‘n oomblik wat aangrypend vertolk is. Tydens ‘n uitmergelende oefensessie word die student (Tom Cruise) onderbreek wyl hy hard probeer om homself as Samurai-student te bewys. Sy leermeester kyk peinsend na hom met dié woorde: “You have too many mind — no progress — focus”.

Is dit dan nie wat kalmte en ook God se stem uitsluit nie? "Too many mind". Wanneer leer mens uiteindelik dat slegs Hy, sonder ons hulp, ons voete kan rig? Na waters waar rus is … anders “no progress”.

Soms moet ons net eenvoudig halt roep wanneer die spiraal van "te veel" die oorhand kry: emosieloos, benoud en pretensieus. Moenie in ‘n bedompige bottel van "goeters" geprop word nie — klim uit! Tyd is geskep met woorde, God se woorde. Dit bevat lewe en rus. As Vader kon rus só kan ek en jy. Natuurlik sit ons nie elke dag en niks doen nie, maar balans ... dringend vs. nodig. Krisis vs. beplanning. Gesondheid vs. medikasie om te "cope" ... intensionele inasem vs. paniekaanvalle.

Gebed: Here, U weet watter uitdagings my oorweldig. Net U kan my gedagtes hernuwe, u asem in my blaas en u woorde in my ore fluister. Ek wíl teen u pas my lewe en roeping leef!

Skryf neer wat jou beklem of angstig maak, alles wat jy voel jou insluk. Begin net. Sit jou briefie voor God neer in vertroue en haal asem sodat Hy kan werk. Hy sal jou tenk volmaak met fokus, tyd en ook rus.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Dis Tyd Vir Fokus

Soms kan mens se gedagtes by vele dinge gaan stilstaan ... die lewe in die algemeen en waar jy jou bevind, familie, werk en allerlei ander dinge. Mens verloor jou fokus.Tog is daar 'n berusting wat ontstaan as jy God toe...

More

Ons wil graag vir Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid