Leesplan inligting

Dis Tyd Vir FokusVoorbeeld

Dis Tyd Vir Fokus

DAG 3 VAN 7

Geduld

Galasiërs 5:22-23a “Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing”.

Meeste van ons ken hiérdie skrifgedeelte baie goed maar daar is beslis uitdagings! Ek dink aan “geduld”. Tonne daarvan. Ons benodig daagliks ’n goeie skep vir ons kromgetrekte siele selfs ter voorsorg vir ons eie gesondheid. Daar is verskeie areas waar geduld getoets word: jou kollegas en persoonlikhede, gesinslede, mede-padgebruikers, om in ‘n tou te staan en wag, die inbelsentrum se konsultant, swak dienslewering, selfs met mekaar in die kerk.

Die punt is: geduld kos net mooi niks. Eintlik kan ons dié woord haak aan selfbeheersing soos in ons teksvers! Te veel sien mens hoe emosionele rubberbandjies behoorlik kan skiet as gevolg van situasies wat dit meebring, maar meestal omdat almal so op die dun kant van ’n balanseertoertjie staan. Ons samelewing is geïnfiltreer deur bakterieë van onverdraagsaamheid, liefdeloosheid, selfsug en nog baie meer. Daagliks lees ons van nare gebeurtenisse landswyd en hoor ons van so-en-so wat as gevolg van spanning, of dalk 'n ander rede, uitgebrand het.

Daarom dan "geduld" ... as ‘n wenk vir jou eie gemoedstoestand. Asem in. Asem weer in. Geduld is ‘n pragtige vrug wat genade gee en ander bemoedig. Deur ook net eers te dink voordat jy praat kan ook goed wees. Selfs die kerkterrein se verkeer kan ’n positiewe uitkoms lewer omdat ons die voorreg het om saam te kan kom, lede van een Liggaam te wees en om na afloop van ons samesyn, sy naam uit te dra — wat ’n voorreg!

Gebed: Here, as ek net dink aan u geduld met my, dan weet ek wat om te doen. Genade betoning elke dag tot U eer!

‘n Goeie idee kan wees om die woord "geduld" teen jou spieël in die badkamer te plak of selfs op jou motor se stuurwiel! Ek het ...

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dis Tyd Vir Fokus

Soms kan mens se gedagtes by vele dinge gaan stilstaan ... die lewe in die algemeen en waar jy jou bevind, familie, werk en allerlei ander dinge. Mens verloor jou fokus.Tog is daar 'n berusting wat ontstaan as jy God toe...

More

Ons wil graag vir Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid