Leesplan inligting

Dis Tyd Vir FokusVoorbeeld

Dis Tyd Vir Fokus

DAG 1 VAN 7

Familie-taai

1 Korintiërs 13: 4-6 “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.”

Die meeste van ons ken Jak de Priester se liedjie “Sally Williams Nougat”. Dit streel my ore. Wanneer ek dit hoor dink ek: hiérdie lekkerny is die beste!

Jak sing van dinge wat hy mis; om saam met ‘n spesiale meisie tyd te bestee, nougat te eet en die lewe te beleef. My gedagtes vroetel na ons familie wat nogal soos nougat kan wees, soos ‘n Engelse spreekwoord lui: “tangy, with a few nuts in it!”

Is alle families nie maar min of meer so nie? Ons mis uit net soos Jak. Sekere dinge is soms bietjie hard om te kou, waarvan taai situasies amper jou tande met stopsels en al uittrek! Tog is jy deel van die taai, jy is saamgebind as een soliede stuk. My familie is ‘n taai blok nougat, met heelwat neute!

Tog bly ons deel van mekaar; die neute en fyn gekapte bessies gee elkeen ‘n unieke smaak, ‘n mengelmoes van geure. Die vanielje in ons geledere sorg vir geurige balans. Ander het sjokolade omhulsel wat meer aanloklik lyk. Maar sonder die taai, wat sal nougat tog wees? Baie vervelig en nie saamgebind nie.

“Kou” jouself nader aan mekaar, dit maak jou kakebeen net sterker deur lewe te spreek en waardevolle oomblikke te deel wyl jy kan. Soveel keer staan mense by ‘n oop graf en wens ‘n klomp dinge ... dan is dit te laat. Gister is verby en vandag gaan nie herhaal nie, maar more kan jy beter keuses uitoefen!

Gebed: Here, elke dag wat U ons gee is uit genade. Help my om genade te betoon aan diegene wat deel is van my ... om nader te dink en te leef en om deur u bril te kyk. Wys ook vir my wat ek moet raaksien in my eie hart.

Wie is daar in jou familie of naastes, wat jy lanklaas gesien of gehoor het? Stuur ‘n boodskap of tel die telefoon op! Dit is ‘n kosbare gebaar in die oë van ons Vader.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Dis Tyd Vir Fokus

Soms kan mens se gedagtes by vele dinge gaan stilstaan ... die lewe in die algemeen en waar jy jou bevind, familie, werk en allerlei ander dinge. Mens verloor jou fokus.Tog is daar 'n berusting wat ontstaan as jy God toe...

More

Ons wil graag vir Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid