Leesplan inligting

Aangesteek: 'n Eenvoudige Gids vir Vrymoedige GebedVoorbeeld

Ignited: A Simple Guide for Bold Prayer

DAG 6 VAN 6

Dit is vir God Belangrik

Ons kan vir enigiets bid. Soos Christine Caine sê: "As dit vir jou belangrik is, is dit vir God belangrik." As dit iets is waaroor ons omgee of ons bekommer, is dit iets waaroor ons kan bid.


Paulus bemoedig ons in Filippense 4:6-7:


"Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”.

Waaroor kan ons bid? Paulus se antwoord is duidelik: alles! Niks is te klein vir God nie. Alhoewel daardie woorde “Moet oor niks besorg wees nie,” dalk voel asof hulle onsimpatiek is vir enige moeilikheid waarmee ons te kampe het, is dit belangrik om daarop te let dat Paulus hierdie woorde geskryf het terwyl hy in die tronk was.


Hy het nie vir ons gesê: "Moenie bekommerd wees nie, wees gelukkig" ons leuse te maak nie. Om die werklikheid van ons omstandighede te ignoreer of te minimaliseer, sal onverantwoordelik wees. Daar is 'n pad vir ons om God se vrede en krag te midde van ons bekommernis en spanning te ervaar en daarom moedig Paulus ons aan om "ons versoeke aan God voor te lê." Ja, God is aktief betrokke by die versorging van die hele heelal en groot sake van die wêreld, maar ons hemelse Vader is net so betrokke en besorg oor die besonderhede van sy kinders se lewens: ons werk, verhoudings, gevoelens, vrese en alledaagse aktiwiteite.


God sien jou, God ken jou en God gee werklik vir jou om.


As iets vir jou belangrik is, is dit vir God belangrik. Bid daaroor!


Gebed:

Vader, dankie dat U omgee om voëls te voer en lelies te klee en dit is maar 'n klein gedeelte van hoeveel U omgee vir die besonderhede van my lewe en die dinge op my hart. Vandag noem ek voor U die dinge wat my aandag trek: wys my asseblief u wysheid, teenwoordigheid en krag op hierdie terreine. Ek vra dat, net soos U omgee vir die dinge wat vir my belangrik is, U my aandag en liefde sal vorm vir dinge wat vir U belangrik is. Mag u koninkryk op aarde kom, net soos dit in die hemel is. Amen.


Hierdie leesplan het kopiereg © 2023 deur "Propel Women" as deel van "Equip & Empower Ministries."


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Ignited: A Simple Guide for Bold Prayer

Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleentheid om in verhouding met ons hemelse Vader te wees. In hierdie 6-dag leesplan sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspireer word om gereeld en met groot vry...

More

Ons wil graag vir Christine Caine – A21, Propel, CCM bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.propelwomen.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid