Leesplan inligting

Aangesteek: 'n Eenvoudige Gids vir Vrymoedige GebedVoorbeeld

Ignited: A Simple Guide for Bold Prayer

DAG 1 VAN 6




Gebed is die Prioriteit

Jesus het in Matteus 9:37­-38 gesê:


Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes" (AFR83, eie beklemtoning).

Die Griekse woord “uitstuur” beteken om “voort te dryf”. “Propel Women” is op hierdie vers gegrond. Terwyl ons probeer om ons gebede "aan die brand te steek" gaan ons presies doen wat Jesus beveel het: ons gaan tot die Here van die oes bid om werkers uit te stuur — om ons in sy oes voort te dryf. Die oes is groot. Die geleentheid om God se koninkryk te bevorder is hier en nou. Wat is die sleutel om dit te laat gebeur? Gebed!


Gebed beteken eenvoudig om met God te praat. Dit kan 'n gesprek wees wat in jou hart of hardop plaasvind. Dit kan alleen of in 'n groep gebeur. Dit kan gebeur met ons voete stewig op die grond geplant of duisende voet in die lug. Wat so wonderlik is: Terwyl ons bid, luister, praat en reageer God.


Die God van die heelal wil van jou hoor. God het nie net 'n gesprek begin en ons genooi om in gebed met Hom te praat nie, maar Hy integreer ook ons gebede in die werke wat Hy in die wêreld doen!


Waar jy ook al is, wat ook al jou agtergrond, ongeag jou invloedsfeer — op die markplein, as 'n tuisblyma, 'n uitvoerende hoof, 'n dokter, 'n onderwyser, 'n student, 'n prokureur of 'n kunstenaar — gebed is die primêre plek waar God se werk en jou werk in hierdie wêreld bymekaar kom. God het belowe om deur ons gebede berge te versit, fondamente te skud en die groot oes van mense te bereik wat Hom nog nie leer ken het nie. God het dit so gemaak dat ons klein gebede 'n ewige, koninkryksgrootte verskil maak! God verander die wêreld deur sy krag en deur ons gebede!


Gebed:

Here, ek bid dat dit 'n jaar is waarin ek U kragtig sien werk om mense na U te bring. Mag daar volgens u Woord in Matteus 9:37-38 meer werkers as ooit tevore in die oes "voortgedryf" word. Laat die dae wat voorlê gekenmerk word deur 'n groot oes, alles tot u eer en die bevordering van u koninkryk hier op aarde. Ek verbind my nou aan U sodat ek deel daarvan sal wees. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Ignited: A Simple Guide for Bold Prayer

Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleentheid om in verhouding met ons hemelse Vader te wees. In hierdie 6-dag leesplan sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspireer word om gereeld en met groot vry...

More

Ons wil graag vir Christine Caine – A21, Propel, CCM bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.propelwomen.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid