Leesplan inligting

Aangesteek: 'n Eenvoudige Gids vir Vrymoedige GebedVoorbeeld

Ignited: A Simple Guide for Bold Prayer

DAG 4 VAN 6

Om Van God Te Hoor

Daar is niks so lekker as om God se stem te hoor nie. Een manier om Hom te hoor is deur sy Woord. Romeine 10:17 sê: "Geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus." As ons deur geloof wil wandel en nie deur sig nie, as ons die Woord van God wil hoor en die beloftes van God vervul wil sien, dan moet ons aanhou bid en vertrou dat daar meer is wat God met ons wil deel. Hier is 'n paar kerngedagtes om jou te help:


1. Wees Passievol, Selfs Terwyl Jy Wag


In 1 Samuel 3 word die verhaal geskets van Samuel wat leer om God se stem te hoor. Wat beteken dit vir ons? Soos Samuel herken ons dalk aanvanklik nie God se stem nie. Dit kan tyd, geduld en die raad van ander verg om ons te help om te onderskei wat ons hoor. Luister gretig na Hom.


2. 'n Plek Daarvoor Te Hê


Dwarsdeur die evangelies sien ons hoe Jesus Hom van sy dissipels en die skare onttrek om in 'n stil plek te bid. Hy het dit gedoen omdat Hy ten volle mens was, al was Hy ook die Seun van God. Hy het dieselfde stryd en afleidings as ons in die gesig gestaar en daarom het Hy vir ons deur sy voorbeeld gewys hoe belangrik dit is om alleen te bid. Net so, waar jy ook al kan, hoe jy ook al kan, staan oomblikke uit jou dag af om jou gedagtes stil te maak en te bid.


3. Volhard Daarin


As jy elke dag gereeld begin bid en dit steeds moeilik vind om God se stem te hoor, moet jy nie moed verloor nie. Volhard. Hou aan glo. Hou aan bid. Hou aan om die Woord van God te bestudeer sodat jy sal weet dit is Hy wanneer Hy wel praat! In Jeremia 33:3 belowe God: “Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.” Dit is 'n belofte wat die moeite werd is om te onthou en te volhard totdat dit plaasvind!


Gebed:

Vader, ek loof U omdat U goed is en waardig is om geprys te word — van geslag tot geslag en deur die eeue heen. U verander nooit. U is getrou aan u beloftes. U volhard in u liefde. U Woord is betroubaar. Spreek Here, u dienaar luister. Amen!


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Ignited: A Simple Guide for Bold Prayer

Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleentheid om in verhouding met ons hemelse Vader te wees. In hierdie 6-dag leesplan sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspireer word om gereeld en met groot vry...

More

Ons wil graag vir Christine Caine – A21, Propel, CCM bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.propelwomen.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid