Leesplan inligting

VERTROUE - Hou God Aan Sy Woord en Leef DaarvolgensVoorbeeld

VERTROUE - Hou God Aan Sy Woord en Leef Daarvolgens

DAG 1 VAN 5

Hou God aan Sy Woord en Leef Daarvolgens

Vertroue is ‘n keuse. Dit is aktief en nie passief nie. Dit is ‘n vaste gehoorsaamheid aan die Woord van God in alle omstandighede. God spreek en ons luister, vertrou en antwoord met gehoorsaamheid!

Byvoorbeeld: Iemand kan dalk sê “Ek vertrou dat hierdie kos veilig is om te eet en nie giftig is nie.” As daardie persoon dan weier om van die kos te eet, wat kommunikeer hy deur sy optrede? Dit is so maklik om te sê: “Ja, ek stel my vertroue in God. Sy Woord is die waarheid.” Daar is egter altyd ‘n keuse en ‘n optrede betrokke wat daarop dui wat iemand werklik glo en waarin hulle hulle vertroue stel.

‘n Voorbeeld van hoe vertroue in die regte lewe lyk is deur ‘n vertoning van ‘n beroemde koordloper Charles Blondin geïllustreer. Hy was die eerste persoon wat die Niagara-valle op ‘n spandraad van 402m in lengte en amper 50m bo die water oorgesteek het. Die eerste rondte het hy die valle geblinddoek oorgesteek. Daarna het hy dit gedoen terwyl hy ‘n kruiwa stoot en op stelte loop! Toe vra hy die skare hoeveel van hulle glo dat hy ‘n mens op die spandraad na die oorkant kan dra. Die skare het in ‘n applous uitgebreek en daardeur aangedui dat hulle Blondin se vaardigheid en bekwaamheid vertrou . Hy het toe gevra of daar ‘n vrywilliger is wat sou instem om deur hom oor die spandraad gedra te word. Niemand het hul hand daarvoor opgesteek nie! Dit was maklik om te sê hulle vertrou Blondin, tog het hulle aksie die teendeel bewys. Hulle het hom nie regtig genoeg vertrou om na vore te tree nie.

In Matteus 8:5-13 is daar vermelding van Jesus se verbasing oor die Romeinse offisier se eenvoudige, dog volslae, vertroue. Die offisier reageer op Jesus se aanbod om saam na die offisier se huis te gaan om sy slaaf gesond te maak. “Sê maar net ‘n woord en my slaaf sal gesond word. Ek is ook ‘n mens wat onder gesag staan en ek het soldate onder my. Vir een sê ek: ‘Gaan daarheen!’ en hy gaan; en vir ‘n ander: ‘Kom!’ en hy doen dit.”

"Jesus was verwonderd toe Hy dit hoor, en Hy sê vir die mense wat agter Hom aangekom het: 'Dit verseker Ek julle: Ek het nog by niemand in Israel so ‘n groot geloof teëgekom nie.' Jesus sê toe vir die offisier: 'Gaan terug, en wat jy geglo het, sal gebeur.' En sy slaaf het op daardie oomblik gesond geword."

Net soos wat die Romeinse offisier op Jesus se Woord vertrou het, sal hierdie evangelie-deurdringde leesplan jou dring om God aan sy Woord te hou en daarvolgens te leef.

Daagliks: lees die Skrifgedeelte, bid vir openbaring en antwoord die daaropvolgende vrae.

Som hierdie gedeelte in jou eie woorde op.

Maak ‘n lys van die al die waarhede, beloftes of opdragte wat jy raaksien.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

VERTROUE - Hou God Aan Sy Woord en Leef Daarvolgens

VERTROUE: Vertroue is aktief, nie passief nie; dit is nie net teoreties nie, maar ook prakties. Vertroue is oortuigde geloof in en gehoorsaamheid aan God se Woord ongeag die omstandighede en ten spyte van die gevolge. Hi...

More

Ons wil graag Neighbor Bible Studies (NBS2GO), Debbie McGoldrick, en Rebecca Davie bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.nbs2go.com/youversion-subscriber-welcome

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid