Leesplan inligting

"Our Daily Bread" Paasfees: Ongelooflike GenadeVoorbeeld

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

DAG 9 VAN 10

Anderkant Tyd



Gedurende 2016 het teater geselskappe in Brittanje en regoor die wêreld spesiale produksies opgevoer ter viering van die 400ste herdenking van William Shakespeare se dood. Menigte het by konserte, lesings en feeste bymekaargekom om die blywende werk van die man wat algemeen beskou word as die grootste dramaturg in die Engelse taal te vier. Ben Jonson, een van Shakespeare se tydgenote, het die volgende oor hom geskryf: "Hy was nie van 'n tydperk nie, maar vir alle tye." Terwyl die invloed van sommige kunstenaars, skrywers en denkers vir eeue kan voortduur, is Jesus Christus die enigste persoon wie se lewe en werk vir altyd sal voortduur.



Hy het beweer Hy is “hierdie brood wat uit die hemel gekom het. Wie hierdie brood eet sal ewig lewe” (Johannes 6:58). Nadat baie mense wat Jesus se leringe gehoor het, aanstoot geneem het teenoor sy woorde en opgehou het om Hom te volg, het die Here sy dissipels gevra of hulle ook wou weggaan. Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee. En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is” (Johannes 6:61-69). Wanneer ons Jesus nooi om as ons Here en Verlosser in ons lewens in te kom, sluit ons by sy eerste dissipels en almal wat Hom gevolg het aan in 'n nuwe lewe wat vir ewig sal duur – verby die grense van tyd.



— David McCasland Jesus is die Seun van God, die Man verhewe bo tyd, wat aan ons die ewige lewe gee.
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

Ontdek meer oor God se wonderlike genade terwyl jy hierdie 10 Paasfees oordenkings van "Our Daily Bread" lees.

Baie dankie aan "Our Daily Bread Ministries" wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek www.odb.org vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid