Leesplan inligting

"Our Daily Bread" Paasfees: Ongelooflike GenadeVoorbeeld

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

DAG 8 VAN 10

Bereken die Koste



Ons het onlangs vir ons tweejarige seuntjie 'n paar nuwe stewels gegee. Hy was so bly dat hy dit nie wou uittrek voordat dit slaaptyd was nie. Die volgende dag het hy van die stewels vergeet en sy ou tekkies aangetrek. My man het gesê: "Ek wens hy het geweet hoeveel dinge kos." Die stewels was vir ons duur, maar 'n jong kind weet nie van werksure, salarisse en belasting nie.



’n Kind ontvang die geskenke met ope arms, maar ons weet dat daar nie van hom verwag kan word om die opofferings wat sy ouers maak om vir hom nuwe dinge te gee ten volle te waardeer nie. Soms gedra ek my soos 'n kind. Met ope arms ontvang ek God se gawes deur sy baie barmhartighede, maar is ek dankbaar? Neem ek die prys in ag wat betaal is sodat ek 'n vol lewe kan lei? Die koste was duur – meer as “dinge wat vergaan, soos goud en silwer”. Ons lees in 1 Petrus dit vereis “die kosbare bloed van Christus, soos dié van ’n lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is” (1 Petrus 1:18-19 NLV). Jesus het sy lewe gegee, 'n hoë prys om te betaal, om ons deel van sy familie te maak. Wanneer ons die koste van ons verlossing verstaan, leer ons om werklik dankbaar te wees.  



— Keila Ochoa Redding is oneindig duur, maar absoluut gratis.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

Ontdek meer oor God se wonderlike genade terwyl jy hierdie 10 Paasfees oordenkings van "Our Daily Bread" lees.

Baie dankie aan "Our Daily Bread Ministries" wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek www.odb.org vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid