Leesplan inligting

"Our Daily Bread" Paasfees: Ongelooflike GenadeVoorbeeld

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

DAG 6 VAN 10

'n Prent van Nederigheid



Gedurende die Paas seisoen het ek en my vrou 'n kerkdiens bygewoon waar die mense probeer het om die gebeure wat Jesus en sy dissipels beleef het die aand voor Hy gekruisig is, uit te beeld. As deel van die diens het die personeellede van die kerk sommige van die kerk se vrywilligers se voete gewas. Terwyl ek gekyk het, het ek gewonder wat is meer nederig in ons dag – om 'n ander persoon se voete te was, of om iemand anders joune te laat was. Beide diegene wat gedien het en diegene wat bedien is, het nederigheid uitgestraal.



Toe Jesus en sy dissipels bymekaar was vir die Laaste Avondmaal (Johannes 13:1-20), het Jesus, in nederige diensbaarheid, sy dissipels se voete gewas. Simon Petrus het weerstand gebied en gesê, “U sal in alle ewigheid nooit my voete was nie!” Toe antwoord Jesus, “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie” (Johannes 13:8). Om hul voete te was, was nie 'n blote ritueel nie. Dit kan ook gesien word as 'n prentjie van ons behoefte aan Christus se reiniging – 'n reiniging wat nooit gerealiseer sal word tensy ons bereid is om nederig voor die Verlosser te wees nie. Jakobus het geskryf, “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade” (Jakobus 4:6). Ons ontvang God se genade wanneer ons die grootheid van God erken, wat Homself aan die kruis verneder het (Filippense 2:5-11).



— Bill Crowder Die kragtigste posisie op aarde is om voor die Here van die heelal te kniel.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

Ontdek meer oor God se wonderlike genade terwyl jy hierdie 10 Paasfees oordenkings van "Our Daily Bread" lees.

Baie dankie aan "Our Daily Bread Ministries" wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek www.odb.org vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid