Leesplan inligting

"Our Daily Bread" Paasfees: Ongelooflike GenadeVoorbeeld

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

DAG 7 VAN 10

Dade van Dankbaarheid



Min mense het my as 'n seun beter geken as Francis Allen, die pastoor wat my na Jesus Christus gelei het. Hy was 'n byna volmaakte voorbeeld van die sagmoedigheid van God se liefde. Francis het vroeg reeds 'n neiging by my herken om goedkeuring te probeer "koop" deur harder te werk as wat verwag is en meer te doen as wat mense gevra het. "Dit is goeie eienskappe om as geskenke aan ander te gee," sou hy vir my sê, "maar jy moet dit nooit gebruik om aanvaarding en liefde van mense te koop nie – of van God.”



Om my te help om dit te verstaan, het hy vir my gesê om Jesus se belofte in Matteus 11:30 te lees: “My juk is sag en my las is lig” – 'n stelling wat soms te eenvoudig lyk om waar te wees. Toe het hy na Miga 6:6-8 gewys en gesê: “Lees nou hierdie en vra jouself af of daar enige gawes is wat jy vir God kan gee wat Hy nie reeds het nie.”



Die antwoord is natuurlik nee. Toe het hy verder verduidelik dat God nie gekoop kan word nie – die genadegawe is gratis. Aangesien dit waar is, wat moet ons antwoord wees? “Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God” (Miga 6:8). Ek het geleer dat dit dade van dankbaarheid was – nie van aankoop nie. Genade is verniet en 'n getroue lewe is ons dankbare reaksie.



— Randy Kilgore Goeie werke is nie die middel tot redding nie, maar die resultaat.
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

Ontdek meer oor God se wonderlike genade terwyl jy hierdie 10 Paasfees oordenkings van "Our Daily Bread" lees.

Baie dankie aan "Our Daily Bread Ministries" wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek www.odb.org vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid