Leesplan inligting

VRYMAKING Van Pornografie Vir MansVoorbeeld

FREEDOM From Porn For Men

DAG 6 VAN 6

Vryheid deur middel van memorisering van Skrifgedeeltes


Ek sou jok as ek sê dat dit maklik is om Skrifgedeeltes te memoriseer, of dat ek altyd daaroor opgewonde is. Ek wil ook nie die indruk skep dat memorisering van 'n paar verse soos 'n towerspreuk is wat versoeking weerhou nie. Die Bybel is 'n gids om Jesus te vind en op die manier te lewe wat God gesê het die beste vir ons is. Dit behoort te help om ons in dissipels van Christus te verander.



Met daardie vrywaring en verduidelikings op die tafel, laat ons nie die krag van die Woord van God onderskat nie. Om dit te ken, is fundamenteel tot ons geestelike vorming. Dit word die manier hoe ons ons denke vul met wat God van ons verwag. 



Chuck Swindoll het geskryf: "Ek weet van geen enkele ander praktyk in die Christelike lewe wat, prakties gesproke, meer lonend is as om Skrifgedeeltes te memoriseer nie … Geen enkele ander oefening lewer groter geestelike dividende nie! Jou gebedslewe sal versterk word. Jou getuienis sal meer oortuigend en doeltreffend wees. Jou houding en siening sal begin verander. Jou denke sal waaksamer en oplettender wees. Jou selfvertroue en sekerheid sal verbeter. Jou geloof sal vaster staan."



Die memorisering van Skrifgedeeltes laat ons toe om meer soos Christus te word, terwyl ons sonde oorwin en oor die Satan triomfeer. Dit is 'n sleutelkomponent om die stryd te stry. Die Bybel sê ons moenie langer slawe van sonde wees nie, want as gelowiges is ons vrygemaak van daardie greep.  Jesus het gereeld Skrifgedeeltes aangehaal. Daar is sekerlik nie enige verdere rede nodig nie. 



Onse Vader, help my om u Woord deurentyd in my hart en denke te bewaar. Mag dit my herinner dat u liefde en krag my help om versoeking te oorwin en om pornografie uit my lewe te dwing. Help my om Jesus te vertrou, deur die Heilige Gees se krag te vind en vryheid te ontvang, deur op u Woord staat te maak. Amen.



As jy in die versoeking kom en niemand het wat jou aanspreeklik hou nie, of jy het bemoediging nodig, gesels met ons by www.needhim.org. Mag God jou seën.


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

FREEDOM From Porn For Men

Pornografie is 'n gevegsterrein met baie slagoffers wat gebroke lewens en verhoudings insluit. Dit sny ons van die werklikheid af en beïnvloed ons verwagtinge oor seks en liefde op 'n negatiewe manier. Dit aktiveer veran...

More

Baie dankie aan Need Him Global Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting oor die bediening of om aanlyn met 'n vrywilliger oor Jesus te gesels, besoek asseblief: www.needhim.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid