Leesplan inligting

VRYMAKING Van Pornografie Vir MansVoorbeeld

FREEDOM From Porn For Men

DAG 1 VAN 6

VRYHEID deur die probleem te erken en te bely



Pornografie is oral en dit kan baie onskuldig begin, of selfs per ongeluk. Wanneer dit egter deel van ons lewens word, sink dit net dieper en dieper af in die donker plekke van ons siele. Uiteindelik veroorsaak pornografie dat mense bloot as voorwerpe gesien word en seks dan minderwaardig en betekenisloos word. Dit vergiftig ons verhoudings en die manier hoe ons na ander mense kyk en hulle behandel. 



Gebaseer op honderde gesprekke met mans wat soek na maniere om te ontsnap uit die strik van pornografie, is my gevolgtrekking dat jy nie hier is om uit te vind of pornografie 'n probleem is nie. Jy is hier om hulp te kry om van die probleem ontslae te raak. Sodra ons die probleem erken, moet ons dit sien vir wat dit werklik is en ons sondes bely. Erkenning van ons sondes is egter net die eerste treetjie, nie die laaste nie. 



Berou is 'n konsep wat baie keer misverstaan word. Vir baie beteken berou om jou sonde te erken en te sê dat jy jammer is. Tog, behels dit baie meer. In Grieks, beteken die woord om weg te draai van sonde. Die Bybel gaan nog baie verder deur te praat van 'n verandering van jou gedagtes, wat veroorsaak dat jou gedrag verander. 



Om ons gedrag te verander, beteken dat ons nie langer sal voorgee dat ons meer selfbeheersing kan toepas en die versoeking kan beheer nie.  Dit beteken dat ons nie meer die leuens glo dat ons dit kan hanteer, of dat dit sal weggaan wanneer ons in die huwelik tree nie. Dit is nou die tyd om op te hou om jouself om die bos te lei dat jy meer sal bid, meer die Bybel sal lees en meer kerk toe sal gaan om hierdie geveg te wen. Bekeer jou van jou sonde en hou aan lees sodat jy leer hoe om die geveg te wen en bevry te word.



Onse Vader, gee my asseblief die krag om U te vertrou. Gee my die moed om my sonde te erken en na 'n verandering in my gedagtes te soek wat na 'n verandering in my gedrag sal lei. Help my om die krag te ontdek wat na vore kom deur U eerste in my lewe te stel en verlos my van hierdie sonde. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

FREEDOM From Porn For Men

Pornografie is 'n gevegsterrein met baie slagoffers wat gebroke lewens en verhoudings insluit. Dit sny ons van die werklikheid af en beïnvloed ons verwagtinge oor seks en liefde op 'n negatiewe manier. Dit aktiveer veran...

More

Baie dankie aan Need Him Global Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting oor die bediening of om aanlyn met 'n vrywilliger oor Jesus te gesels, besoek asseblief: www.needhim.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid