Leesplan inligting

VRYMAKING Van Pornografie Vir MansVoorbeeld

FREEDOM From Porn For Men

DAG 3 VAN 6

Vryheid deur jou denke te verander


Jy het jou sonde bely en op Jesus vertrou om jou te help verander. Kom ons wees nou baie duidelik oor hoe verandering teweeg gebring word.



Romeine 12:2 sê dat jy God moet toelaat om jou in 'n nuwe persoon te laat omvorm, deur die manier waarop jy dink te verander. Die geheim om 'n nuwe manier aan te leer om dinge te hanteer, is om die manier waarop jy dink te verander. As jy die manier hoe jy optree wil verander, moet jy nie konsentreer op jou gevoelens nie. Jy begin deur die manier waarop jy dink te verander. Wanneer jy jou gedagteprosesse verander, sal dit die manier hoe jy voel verander, en dit sal uiteindelik jou gedrag verander. 



Dit is hoe jy kan "omvorm word deur die vernuwing van jou denke". Dit is wat God vir jou doen. Hy help jou om jou vernietigende denkpatrone te verander en jou te omvorm in 'n nuwe mens.



Daar woed 'n stryd in ons gedagtes. Die vlees wil ons weglok na wellus en ongesonde denke, maar die Gees van God wil hê ons moet in oorwinning staan. Moenie bedrieg word deur die leuens dat niemand sal seerkry of dat almal dit doen nie. Verwerp hierdie gedagtes en fokus op dinge van die Gees. Môre sal ons bespreek hoe om sterk te staan teen versoeking.



Onse Vader, verander my denke. Vernuwe en was my gedagtes deur die magtige krag van u Woord. Help my om die areas in my lewe, waar ek slegte gedagtes koester, raak te sien. Gee my die krag om vandag hierdie verslawing te oorwin. Amen


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

FREEDOM From Porn For Men

Pornografie is 'n gevegsterrein met baie slagoffers wat gebroke lewens en verhoudings insluit. Dit sny ons van die werklikheid af en beïnvloed ons verwagtinge oor seks en liefde op 'n negatiewe manier. Dit aktiveer veran...

More

Baie dankie aan Need Him Global Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting oor die bediening of om aanlyn met 'n vrywilliger oor Jesus te gesels, besoek asseblief: www.needhim.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid