Lentesade: 'n Vrou se 40-dag ReisVoorbeeld

Seeds of Spring

DAG 2 VAN 40

INLEIDING: Plant Jou Tuin Vir 'n Oorvloedige Oes

Die onverganklike saad — die Woord van God! (1 Petrus 1:23, Lukas 8:11).

Argeoloë het 'n hele paar jaar gelede koringsaad in een van die piramides ontdek.

Dit was duisende jare oud en het ongeveer 2500 jaar v.C. dateer. Nadat hierdie 4500-jaar oue koringsaad in vrugbare grond geplant is, het dit ontkiem en begin groei!

"Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God. "Die Skrif sê: 'Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af, maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.' En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is" (1 Petrus 1:23-25).

In sy brief aan die kerk in Efese, het Paulus aan die gelowiges die onverstaanbare erfporsie probeer verduidelik wat hulle ontvang het nadat hulle as kinders van God aangeneem is! Soveel meer is aan ons almal gegee as wat ons kan hanteer, en ongelukkig bly dit wat ons toekom opgesluit in manjifieke silo's omdat ons nog nie weet wat dit beteken om "in Hom" te wees nie.

Totdat ons in geloof besit neem van ons oorvloedige erfporsie, gaan dit net daar lê; sluimerend, sonder lewe en sonder enige vrug. Kom ons neem besit van daardie silo's, plant die saad in vrugbare grond en oes 'n buitensporige, ewige opbrengs. Die Bybel leer ons dat geloof 'n gawe is wat ons kan kry: "Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus" (Romeine 10:17).

Ons moet stelling inneem sodat ons die Woord van God kan "hoor" deur tyd met sy Woord deur te bring, dit te bestudeer en daaroor te peins. Soos ons deur die krag van die Heilige Gees sy Woord hoor, moet dit onder leiding van die Heilige Gees in ons harte lewend word deur die keuse wat ons maak om dit te glo en daarvolgens te lewe. Wanneer ons dit doen, plant ons sade van geregtigheid wat 'n oes van geregtigheid sal voortbring.

SLUIT AF MET GEBED

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring

Die Bybel maak dikwels van seisoene gebruik om te illustreer hoe God in ons werk. In hierdie 40-dag leesplan vir vroue, van Thistlebend Ministries, word 'n tuin gebruik om groei in Christus uit te beeld. Jy sal elke dag "Saad van Waarheid" (Skrifgedeelte) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant" (ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water" (toepassing daarvan). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van sy karakter in jou hart kom plant –wat oorloop van sy volheid. Dit is ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker vir die verskaffing van hierdie plan bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org/