Leesplan inligting

Die Evangelie Volgens PaulusVoorbeeld

The Gospel According To Paul

DAG 5 VAN 5

Ons Kan in Hoop Lewe, Nie Vrees Nie


Alhoewel wet en genade met dieselfde morele standaard werk, is die eskatologie van genade — wat dit ons leer oor dinge wat kom — oneindig helderder as die eskatologie van die wet. Trouens, die ewige toekoms van diegene onder genade hou niks anders as oneindige heerlikheid en seëninge in nie. Die enigste ding wat die toekoms egter inhou vir diegene wat onder die wet bly, is die dood en ewige verdoemenis.


Die fundamentele verskil tussen wet en genade is dat die wet geen belofte maak aan sondaars anders as die waarborg van oordeel nie. Vir diegene wat nog onder die wet staan, sal die wederkoms van Christus die finale uitstorting van die komende oordeel aandui, en dit is 'n skrikwekkende vooruitsig. God se reddende genade leer ons egter dat "terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser Jesus Christus, verskyn." Die wet waarsku oor die oordeel en spreek 'n doodsvonnis uit. Genade verleen vergifnis en beloof ewige seëninge. Die wet wys op die sondaar se verlede en vul die skuldige hart met vrees en spyt. Genade wys op die gelowige se toekoms en vul die begenadigde hart met dankbaarheid en hoop.


Die verskil kan nie groter wees nie, en eerder as om ons in 'n soort halfhartige passiwiteit te lok — om ons begeerte om goed te wees en goed te doen uit te skakel — moet dit ons motiveer om heiligheid met absolute passie en energie na te streef. Dit is immers waarvoor Christus gesterf het: “om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen."


Genade bring 'n heilige afsku vir sonde in elke ware gelowige voort. Dit vul ons harte en verstand met 'n geestelike afkeer vir alles wat God oneer aandoen. Hoewel ons vlees steeds vatbaar is vir die versoeking van sonde, in ons innerlike siel “verafsku [ons] wat sleg is." Die haat vir wat sleg is, is trouens 'n noodsaaklike blyk van liefde vir God (Psalm 97:10), en dit is die gelowige se aansporing "om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar." Die positiewe teenoorgestelde daarvan is 'n blywende honger en dors na geregtigheid — die aansporing wat ons beweeg om "met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe".


Die verskyning van "die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus" is die geseënde hoop waarna ons uitsien juis omdat Christus se verskyning in heerlikheid die totale en permanente verwydering van sonde uit ons verlede sal beteken, en ons sal onmiddellik verander en vervolmaak word.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Gospel According To Paul

Gesaghebbende Bybeluitlêer en -leraar, John Macarthur, ondersoek die apostel Paulus se onderrig oor die goeie nuus van Jesus. In hierdie vyf-dag leesplan sal jy verskeie belangrike vrae oorweeg, insluitend: Wat is die ev...

More

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://bit.ly/2j1ESbU

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid