Leesplan inligting

Die Evangelie Volgens PaulusVoorbeeld

The Gospel According To Paul

DAG 1 VAN 5

Hoe Kan Ons Regverdig Wees Voor God?


Dit maak nie saak watter teks ons in die evangelie lees nie, dieselfde vraag duik op. Dit is trouens onmoontlik om die evangelie ten volle te verstaan sonder om eers die dilemma van die menslike sondeval te oorweeg — en die oënskynlik onmoontlike hindernisse eerlik te erken wat sonde tussen God en die sondaar plaas.


As ons almal voor God skuldig is, sonder enige verskoning vir ons sonde, hoe sal iemand in die oordeel staande kan bly? As werke van geregtigheid nie vir ons verkeerde dade vryspraak kan bring nie, hoe kan enige sondaar ooit van die skuld en slawerny van sonde gered word? Watter hoop is daar vir ons as God volkome volmaaktheid vereis en ons reeds onherstelbaar onvolmaak is? Hy sê trouens uitdruklik, Hy "vind nie ‘n skuldige onskuldig nie"; beteken dit dat ons verdoemenis reeds verseël is? Hoe kan 'n regverdige God die goddelose vryspreek?


Betroubare evangeliese antwoorde op hierdie vrae gaan beslis teen die hoofstroom van die openbare mening. Elke geloofstelsel wat ooit deur die menslike verstand saamgesnoer is, beantwoord daardie belangrike vrae verkeerd. Op die een of ander manier leer al hierdie wêreldse godsdienste (en trouens al die belangrikste politieke ideologieë en sosiale teorieë) dat mense vryspraak vir hulself moet verdien deur middel van 'n soort verdienstelikheidstelsel.


Die manier waarop hulle dit probeer doen, is so uiteenlopend soos die baie gode in die wêreldse tempels. Sommige plaas die klem op godsdienstige gebruike en tradisies. Ander beklemtoon selfverloëning en asketisme. In die postmoderne era skep mense eenvoudig 'n denkbeeldige godheid vir wie sonde nie regtig 'n groot probleem is nie — om dan te dink dat hul "goeie" dade in ag geneem sal word in die oordeel en hul sondes eenvoudig geïgnoreer sal word. Aan die teenoorgestelde uiterste is daar egter groot getalle mense wat djehad of 'n ander vreemde uitdrukking van dweepsug voorstaan.


Een van die mees kristalhelder leringe van die Bybel is dat niemand God se guns verkry deur hulle eie pogings nie — die minste van almal dié wat hulself identifiseer as volmaak. Ware gelowiges is verenig met Christus "deur geloof", en daarom is hulle ook "in Christus". God aanvaar hulle en seën hulle op daardie basis. Dit is hoe Hy "die goddelose vryspreek".


Dieselfde Een wat die wet gegee het wat ons veroordeel, voorsien ook die vryspraak wat nodig is om ons te red. Dit is die enigste verdienste wat ons nodig het om geregverdig te wees voor Hom.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Gospel According To Paul

Gesaghebbende Bybeluitlêer en -leraar, John Macarthur, ondersoek die apostel Paulus se onderrig oor die goeie nuus van Jesus. In hierdie vyf-dag leesplan sal jy verskeie belangrike vrae oorweeg, insluitend: Wat is die ev...

More

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://bit.ly/2j1ESbU

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid