Leesplan inligting

By Waters Van RusVoorbeeld

By Waters Van Rus

DAG 3 VAN 8

“God se skaap … en eregas” God se skaap … en God se eregas! Dis waaroor hierdie juweel van ’n psalm gaan. Dit laat ’n mens goed voel om te hoor dat niks jou sal ontbreek nie en jy na groen weiding en rustige waters begelei word. Jy voel as’t ware God se arms om jou. As jy nou baie realisties wil wees, kan jy sê dat dinge darem nie altyd so glad en voorspoedig verloop nie. Soms ontbreek daar nogal heelwat dinge wat veroorsaak dat die lewe glad nie so ’n groot plesier is nie. Jou geld raak op of jy verloor ’n dierbare. “Daar is niks wat my ontbreek nie”? Dalk het die digter die lied op ’n rustige sonskyndag geskryf … Nee, tog nie. Hy weet ook van die donker dieptes. Alles het vir hom ook nie so seepglad verloop nie. Maar hy het ontdek dat hy juis te midde van die donkerte vir God aan sy kant gehad het. Wat meer kan ’n mens vra? God by jou, God wat jou vashou, God wat jou deurdra. Dan kom jy mos niks kort nie. Dis egter nie net ’n herderpsalm nie; dis ook ’n feespsalm. Kan jy glo jy word genooi om God se eregas by ’n feesmaal te wees? Jy sit by God se feestafel aan. Ek het so gevoel toe ek laas nagmaal gebruik het. Die fees van God se liefde. Hy het sy Seun vir my gegee sodat ek kan lewe, sodat die lewe nou en vir altyd vir my ’n fees sal wees. Watter heerlike voorreg om God se skaap én God se eregas te wees! Hierdie oordenking is geneem uit JOU GOD IS HIER! deur Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

By Waters Van Rus

Psalm 23 is die bekende Herderspsalm wat ontelbare gelowiges troos met die wete dat God ook vir óns die Herder sal wees, wat ons sal lei na stille waters waar daar vrede is. Johan Smit vertel van die vrede en versekering...

More

Ons wil graag Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid