Leesplan inligting

By Waters Van RusVoorbeeld

By Waters Van Rus

DAG 2 VAN 8

“God is my gasheer” In Psalm 23 is die beeld van die herder so oorweldigend dat ons dikwels vergeet die Here word in die psalm ook as ’n gasheer voorgestel. Die Herder versorg, bewaar en lei, maar die Gasheer bied ’n fees aan! Mense wat die Here as Herder leer ken het, ontdek dat die lewe ’n fees is! In die psalms kry ons dikwels met teenstanders te make. Toentertyd was die teenstanders hoofsaaklik goddelose mense wat hulle nie aan God en sy Woord gesteur het nie en ’n bedreiging vir God se volk ingehou het. Die digter se teenstanders was dan terselfdertyd ook God se teenstanders. Nou staan die teenstanders egter droëbek en toekyk hoe God se kinders feesvier. Vir God se kinders is die lewe ’n fees van genade. En luister net hoe beskryf die digter die fees. Die Here ontvang die feesgangers soos eregaste. Die feesverrigtinge draai om hierdie gaste. Hulle is in die kollig. In God se oë is hulle die belangrikste persone. Verder word hulle oorlaai met hartlikheid. Dit is ’n uitbundige fees, ’n fees van oorvloedige seëninge. Só behandel God ook vir my en jou. Ons ervaar dit net nie aldag so nie. Ons laat ons net te maklik deur die teenstanders (mense en omstandighede) afskrik. Ons vergeet van die oorvloedige genade waarmee ons Gasheer ons dag vir dag bederf. En ons mis ’n feeslewe. Hierdie oordenking is geneem uit JOU GOD IS HIER! deur Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

By Waters Van Rus

Psalm 23 is die bekende Herderspsalm wat ontelbare gelowiges troos met die wete dat God ook vir óns die Herder sal wees, wat ons sal lei na stille waters waar daar vrede is. Johan Smit vertel van die vrede en versekering...

More

Ons wil graag Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid