Leesplan inligting

Inspirasie-oomblikkeVoorbeeld

Inspirasie-oomblikke

DAG 6 VAN 7

“Wat die sprokies ons leer” Daar is iets te leer uit die vrolike fantasieë en sprokieswêreld van onder andere Aspoestertjie, die drie varkies of Hansie en Grietjie. Aspoestertjie se stiefsuster wou met alle geweld die fyn glashakskoentjie aan haar vet voet forseer terwyl sy eintlik bedoel was vir die gemaklike "gumboot" en praktiese plaasstewel. So is daar ’n paar skoene of stewels vir elkeen van ons om vol te staan sonder om onsself moeg te maak oor ’n ander sussie se vervelige teepartytjies saam met die staatshoofde in ongemaklike hoë hakke en stywe snyerspakkies. Die drie varkies se huisie van strooi kon geen weerstand bied teen die nare ou wolf se geraas en geblaas nie. Soms kry ’n mens egter ’n tweede en selfs ’n derde kans om te leer wat wél werk en hoe slim spanwerk die wolf op die ou end kan uitoorlê. Waarmee bou ek en my span ons huis om die wolf en wind uit en my mense veilig te hou? ’n Huis op die rots en met die regte fondament? Hansie en Grietjie het hulle pad huis toe met broodkrummeltjies probeer vaslê. Die voëls het dit sommer vinnig opgevreet en so het hulle diep in die bos verdwaal. So leer ek by hierdie boetie en sussie om iets meer solied en stewig neer te lê om ons en ons kinders op koers te hou in hierdie reis na ons eintlike huis. Is my bakens waarmee ek ons gesin se koers aandui, duidelik sigbaar en stewig genoeg om die toets van tyd te deurstaan? Het jy ook die lewenslesse uit jou kinderdae-stories so ’n bietjie verwaarloos? (Herhaling werk blykbaar goed met kinders én grootmense wat wil glo soos kinders.) Geniet weer vandag die pragtige deel wat vir jou afgemeet is en staan jou eie skoene vol. Bou weer jou huis stewig op rots en sit die regte bakens neer om jou op koers te hou. En reageer (dalk vir die eerste keer) op die uitnodiging om nader te kom om beter te sien en te hoor, te besef met Wie jy te doen het, en laat hierdie ontmoeting jou lewe inspireer tot beweging! Hierdie oordenking is geneem uit 101 INSPIRASIE-OOMBLIKKE deur Lindie Strydom © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Inspirasie-oomblikke

Soms stuur die lewe situasies oor jou pad wat eintlik kosbare groeigeleenthede is ... jy moet net deur die regte bril daarna kyk. Dit is soms ’n alledaagse gebeurtenis, soos om in ’n ry te wag. Leer dit raaksien en gebru...

More

Ons wil graag Lindie Strydom © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid