Leesplan inligting

Infinitum Advent Plek Maak, Week 3Voorbeeld

Infinitum Advent Make Room, Week 3

DAG 4 VAN 5

Jesus was nog baie jonk toe Hy 'n vlugteling in Egipte geword het. Hierdie ervaring om ver van die huis af in 'n vreemde land te wees, sou kenmerkend wees van die jong Jesus in sy menslike gestalte, net soos dit vandag enige vlugteling se ervaring is. Hierdie ondervinding het Egipte ook gekenmerk. Tot vandag toe, het plekke in Egipte hul identiteit gevorm rondom die waarheid dat hulle Jesus in sy tyd van nood verwelkom het.


Die tragiese volksmoord in Israel het ontsettende hartseer teweeggebring, maar vir diegene wat betrokke was by die verwelkoming van die wat hartseer was, was daar 'n hernude doelgerigtheid, identiteit en vreugde. Israel se verlies was Egipte se wins.


Egipte herdenk hierdie eer met die volgende lied:


Verbly julle, o Egipte,

o mense van Egipte,

kinders van Egipte wat binne sy grense leef.

Verbly julle en verhef julle harte,

vir die Geliefde van die hele mensdom

(Hy wat selfs voor die begin van alle eeue reeds daar was)

het na julle gekom. (vrye vertaling)


Om vir Jesus in hulle harte en land plek te maak, is 'n eer wat hulle erken en vier!


Hoe sou ons voel as die eer ons te beurt sou val om vir Jesus hierdie Kersfees in ons huise te kan verwelkom? Kan jy jou voorstel hoe dit moet voel om die "geringste van almal" met gasvryheid te ontvang? Wat merk jy op van jouself of jou gedagtes wanneer jy die verskil tussen hierdie twee moontlikhede vergelyk?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Advent Make Room, Week 3

Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestyd nader met die doel om meer van die hart van God bewus te word. Sluit vir vier weke by ons aan terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Afbreek, Plek Maak en Deur Go...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid