Leesplan inligting

Infinitum Advent Plek Maak, Week 3Voorbeeld

Infinitum Advent Make Room, Week 3

DAG 1 VAN 5




Kersfees is die verhaal van God wat daarna hunker om deur sy skepping ontvang te word. Ons dink nie dikwels só daaroor nie — ons is geneig om ons die Immanuel (vleeswording) van Kersfees voor te stel. God wat as 'n geskenk na ons gekom het. Jesus se koms na die wêreld was egter God se kwesbaarheid vir ons verwelkoming, onverskilligheid of verwerping.


Ons is in verwondering oor die oorspronklike Kersverhaal se uitbeelding van "geen plek vir Hom by die herberg nie," maar kom ons kyk hierdie Kersfees of ons vir Hom plek in ons lewens beskikbaar het. Hoe sou dit wees om Jesus hierdie Kersfees ten volle te ontvang?


Miskien, terwyl jy die vraag oordink, kom daar 'n spreekwoordelike "kamer in jou hart" in jou gedagtes op — 'n plek waar Jesus nie toegelaat word nie. Moontlik dink jy aan 'n ruimte in jou lewe wat jy nooit gedink het op Jesus van toepassing sou wees nie! Dalk is dit selfs nog groter en voel jy vir die eerste keer ernstig daaroor om regtig te besin oor die idee van wat presies dit beteken om Jesus in jou hart te ONTVANG.


Kom ons dink weer daaroor: Hoe sou dit wees om werklik vir Jesus ten volle gedurende hierdie Kersfees te ontvang?


HOE ontvang of verwelkom ons God wanneer ons Jesus nie meer voorstel as 'n baba wat 'n plek nodig het om gebore te word nie?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Advent Make Room, Week 3

Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestyd nader met die doel om meer van die hart van God bewus te word. Sluit vir vier weke by ons aan terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Afbreek, Plek Maak en Deur Go...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid