Leesplan inligting

Infinitum Advent Plek Maak, Week 3Voorbeeld

Infinitum Advent Make Room, Week 3

DAG 3 VAN 5

Jesus se liefde en aanvaarding word aan almal: "... Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou" sonder voorbehoud gebied, want: "in Christus Jesus is julle almal één" (Galasiërs 3:28). Tog het ons leefwêreld definisies, grense en verskille wat ons mislei om te glo dat daar iets soos "ander" is. Daar is skoonheid in ons diversiteit en verskille, maar daar is 'n onderliggende werklikheid dat ons EEN is: die mensdom ... God se kinders ... sy familie. Ons leef elke dag met hierdie twee werklikhede wat in stryd met mekaar is.


Vir enigiemand wat besluit om NIE deur die mensdom se grense, verwagtinge of prioriteite gedefinieer te word nie, is daar vreugde, doel en uitdagings.


Dit is belangrik genoeg om te herhaal: Vir enigiemand wat besluit om NIE deur die mensdom se grense, verwagtinge of prioriteite gedefinieer te word nie, is daar vreugde, doel en uitdagings. Dit kan soos volg omskryf word:


Waar is die vreugde daarin om te besluit om nie die wêreld deur die samelewing se grense, verwagtinge of prioriteite te definieer nie?


Watter wêreldse grense, verwagtinge of prioriteite aanvaar jy asof dit deur God bepaal is?


Hoe sou God ons gebruik in die proses om die keuse te maak om nie deur die mensdom se grense, verwagtinge of prioriteite gedefinieer te word nie?


Watter hulp sou jy van God nodig hê om die uitdagings te trotseer wat teweeggebring word deur 'n besluit om nie deur die samelewing se grense, verwagtinge en prioriteite gedefinieer te word nie?


Watter gedagtes kom by jou op ten opsigte van grense, verwagtinge of prioriteite wat jy nie wil hê vir jou of hierdie Adventstyd moet definieer nie?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Advent Make Room, Week 3

Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestyd nader met die doel om meer van die hart van God bewus te word. Sluit vir vier weke by ons aan terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Afbreek, Plek Maak en Deur Go...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid