Leesplan inligting

Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 28 VAN 29




Verhef die Here!

Lees: Lukas 1:46-55

SOAP: Lukas1: 46-50

"En Maria het gesê: “Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God , my Verlosser, omdat Hy na my in my geringheid omgesien het. Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem, omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het. Heilig is sy Naam! Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat Hom eer."

Oordenking

Die Magnificat, Maria se lofsang, is ‘n grootse uitdrukking van geloof in die oppermagtige gesag en goedheid van God. Maria het haar verheug in God se goedheid teenoor haar en het Hom geprys vir sy krag en heiligheid. Sy het gepraat van God se teenkanting teen die misbruik van mag, trots, die onderdrukking van die kwesbares en sy voorsiening aan die armes en hulle wat honger is. Sy het God se voorneme erken om onregverdige stelsels en beledigende magte aan die kaak te stel, ‘n werklikheid wat sy in die lewe en bediening van haar seun, Jesus, sou aanskou.

Maria se loflied is geskoei op beide Hanna se gebed in 1 Samuel 2 en Psalm 113. Soos Hanna het Maria gefokus op die verlossing van die Here, op sy heiligheid en sy krag. Albei het God geprys vir sy verlossing van behoeftiges en armes en hoe Hy oor sy mense waak. Alhoewel Jesus nie aardse koninkryke tydens sy eerste koms sou vernietig nie, het Hy die mag van sonde en dood vernietig. Maria het die Here verhef selfs terwyl sy gewag het dat Hy al sy beloftes nakom.

Vandag wag ons steeds op die koms van die Here. Ons bevind ons steeds in ‘n wêreld met arrogante, trotse mense, ‘n wêreld van lyding, oorlog, verlies, dood en pyn. Maar selfs hierin het ons vreugde! Ons het vreugde omdat ons weet wat kom. Ons kan rus en ons verheug in alles wat Hy gedoen het en alles wat Hy sal doen, en ons kan Hom vertrou om te voorsien wat ons nodig het. Hy het sy Seun gestuur om die plaasvervanger te wees, om vir ons te sterf en om ons van ons sonde en dood te red. Wanneer Hy terugkeer, sal Hy as Koning regeer, sy geregtigheid vestig en pyn en gebrokenheid eens en vir altyd uit die wêreld verwyder. Mag ons siele die Here verhef!

Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugd...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid