Leesplan inligting

Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 26 VAN 29




Die Aankondighing van Jesus se Geboorte

Lees: Lukas 1:26–45

SOAP: Lukas 1:30–33

"Die engel sê toe vir haar 'Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy Koningskap sal daar geen einde wees nie.'”

Oordenking

Maria was ‘n vrou wat haarself oorgegee het aan God se wil en haar eie planne opgeoffer het om aan die Here gehoorsaam te wees. Maria is deur God gekies om iets te doen wat niemand anders op aarde ooit gedoen het of ooit weer geroep sal word om te doen nie. Maria was dapper in die aangesig van hierdie lewensveranderende aankondiging van ‘n engel van die Here. Sy was verbysterd en het gewonder oor die betekenis van die engel se woorde. Ons kry nie ander beskrywings van Maria se gedagtes of gevoelens op daardie oomblik nie. Al het sy vrae gehad, was sy bereid om haar lewe aan God se wonderbaarlike plan oor te gee.

God is so genadig dat Hy Elisabet se onverwagte swangerskap perfek gereël het om saam met Maria s’n te val. Elisabet se swangerskap was verbasend en Maria s’n wonderbaarlik. Maria het ‘n familielid gehad om na te gaan, iemand wat ook ‘n spesifieke roeping van die Here ontvang het. God het die twee vroue as vriendinne van mekaar gegee om op te steun. Terwyl Maria haar lewe en toekoms aan die Here moes oorgee, het Hy haar nie sonder ondersteuning en gemeenskap gelaat nie.

Maria se houding en nederigheid voor die Here wys waarna ons moet streef in ons geloofswandel veral in die Adventtyd. Maria het ‘n skokkende aankondiging van ‘n boodskapper van God ontvang en sy het dit met groot geloof aanvaar. Sy het haar geheel en al aan die Here aangebied in die geloof dat dit wat God gesê het, sou gebeur. Elisabet het ook die wonderwerk herken en sy het Maria geseën en gesê: “Geseënd is sy wat geglo het dat wat deur die Here tot haar gespreek is vervul sou word” (Lukas 1:45).

As 'n tiener wat pas swanger geword het en ver van die huis af was, het Maria sekerlik angstig gevoel terwyl sy op die vervulling van God se belofte gewag het. Selfs in die moeilike tye het sy haar hart op God se belofte gefokus en Hom geglo. Mag ons harte stil en nederig wees as ons Kersfees nader. Mag ons soos Maria in God se beloftes glo en in sy opperheerskappy rus.

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugd...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid