Leesplan inligting

Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 24 VAN 29




Week 4— Geseënd is Sy wat Glo

Die Koning Sal Kom

Lees: Miga 5:1-3

SOAP: Miga 5:3

"Hy sal na vore kom en sy volk lei deur die krag wat die Here hom gee, deur die sterkte van die Naam van die Here sy God. Hulle sal woon tot in die uithoeke van die aarde, want hulle leier sal sterk wees."

Oordenking

Die profesie van Miga bied beide naderende oordeel en die belofte van 'n toekomstige seën aan Israel en Juda. God het Miga as sy boodskapper gebruik om sy volk te konfronteer omdat hulle hul verbond met Hom verbreek het. Saam met sy boodskap van oordeel het Miga ook gepraat van God se groot genade en goedhartigheid. God se barmhartigheid, genade en liefderyke goedhartigheid sou die duidelikste gesien word in die persoon van Jesus, die Een wat God se kudde sou oppas en verlossing vir die wêreld sou bring.

God begeer die harte van sy mense, nie net hulle rituele nie. Elke keer as Hy oordeel uitgespreek het, het God ook belowe om sy volk met 'n glorieryke toekoms te herstel. God se toorn en genade loop langs mekaar en openbaar sy heiligheid saam met sy lojale liefde. Soos ons die laaste dae voor Kersfees nader, herinner Miga se woorde ons daaraan om ons harte te ondersoek. Doen ons dinge sonder om werklik te dink, voer ons die "rituele" van die Kerstyd uit, maar met harte wat met ander dinge besig is of ver van Hom af is?

Staan hierdie week tyd af om jou hart te ondersoek. Fokus op die manier waarop jou hart Kersfees nader: is dit met spanning en om besig te wees, of met vrede, vreugde en hoop? God se groot genade veroordeel ons nie, maar nooi ons uit om na Hom toe te kom, ons sondes te bely en al ons laste aan sy voete te los. Selfs in die donkerste tye van God se uitverkore volk, toe hulle ver van Hom afgedwaal en ander gode aanbid het, het Hy belowe om 'n oorblyfsel te bewaar. God sou hulle nie heeltemal vernietig nie, maar sou hulle aan sy goedheid en barmhartigheid herinner en hulle harte na Hom terugroep.

Hoe roep God jou hart in hierdie week na Hom toe? Wat doen Hy in jou lewe wat sy groot genade, liefde en heiligheid aan jou wys? Terwyl ons die laaste dae voor Kersfees binnegaan, laat ons onthou dat ons voorberei en wag op die koms van ons Koning, ons Goeie Herder, ons oppermagtige Here.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugd...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid