Leesplan inligting

Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 27 VAN 29




Bewys Ons Guns

Lees: Psalm 123

SOAP: Psalm 123:1-4

‘"n Pelgrimslied. Ek sien na U op, U wat uit die hemel heers. Soos die oë van ‘n slaaf gerig is op die hand van sy eienaar, soos die oë van ‘n slavin gerig is op die hand van haar eienares, so is ons oë gerig op die Here ons God, totdat Hy Hom oor ons ontferm. Ontferm U oor ons, Here, ontferm U oor ons, want ons het meer as genoeg veragting gehad, meer as genoeg spot van oormoedige mense, veragting van hovaardiges."

Oordenking

Psalm 123 is ‘n pelgrimslied, ‘n psalm wat elke jaar deur die mense van Israel gesing en voorgedra word terwyl hulle die pelgrimstog na die tempel in Jerusalem gemaak het. As ‘n Jood was Maria waarskynlik vertroud met hierdie psalm. Terwyl ons oor hierdie psalm en Maria se verhaal nadink, vind ons ‘n gebed vir die soort nederigheid en stilte wat ons in hierdie tyd soek.

Die psalmis kyk na God, en hou vas aan elke woord van Hom. Die psalmis se oë is gevestig op God, gefokus daarop om op sy antwoord en sy verlossing te wag, en te wag vir God om sy guns te bewys. Hy is moedig en vra die Here om sy Goddelike guns, en hy herinner God aan die vernedering en veragting wat hy deur die hande van hoogmoediges gely het.

In ‘n tyd in Israel se geskiedenis toe hulle onderdrukking en buitelandse heerskappy in die gesig gestaar het, sou Maria en diegene in haar gemeenskap vertroud wees met hierdie soort onderdrukking. Hulle het gehoop en gewag dat God ‘n verlosser sou stuur, om guns aan hulle te bewys en hulle van hul vyande te verlos.

God het geantwoord. Hy het spesifieke, persoonlike guns aan Maria bewys toe Hy haar gekies het om die moeder van die Messias te word, die een deur wie die Seun van God gebore sou word. Hy het guns bewys aan sy volk, aan die Jode en aan diegene wat in Hom sou glo, deur sy Messias na die wêreld te stuur.

Hy het guns aan ons bewys deur sy Seun te stuur. Hy betoon ons nou guns, daagliks, terwyl ons saam met Hom wandel. En Hy sal ons weer guns bewys wanneer Christus as Koning terugkeer. Mag ons die guns van God onthou wanneer ons sy goedheid oordink en wag op sy verlossing.

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugd...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid