Leesplan inligting

Sewe Dae van Nadenke en Verklarings vir Elke Seun van GodVoorbeeld

7 Days of Meditation and Declarations for Every Son of God

DAG 6 VAN 7

Bêre Jou Beursie


Simon die towenaar was gereed om te betaal. Dié welbekende towenaar van hierdie Samaritaanse dorp, was baie beïndruk toe Petrus en Johannes na die dorp gekom en begin bid het dat die nuut gedoopte volgelinge van Jesus met die Heilige Gees vervul moet word. Dit het gelyk asof wondertekens elkeen van hierdie gebede vergesel het (Handelinge 8:9-20).


Hierdie skouspelagtige wonders het almal in die stad laat gons van opgewondenheid. Dit was "truuks" wat die ou bedrieër nie in sy repertoire gehad het nie. Dus, in 'n poging wat veroorsaak is deur 'n kombinasie van afguns en ambisie, het Simon, Jesus se dissipels genader en hulle 'n aansienlike bedrag geld aangebied as hulle hom sou wys hoe om hierdie wonderwerke te doen.


Petrus se reaksie was vinnig en woedend: "Gaan na die verderf met jou geld en al! Dink jy, jy kan die gawe van God met geld koop? ... Bekeer jou van hierdie dwaling en bid tot die Here: miskien sal Hy jou hierdie gesindheid van jou hart vergewe" (Handelinge 8:20, 22). Voordat jy nou te vinnig is om saam met Petrus, Simon te veroordeel, dink hieraan: ons is van natuur en deur opleiding, wesens wat handeldryf. Ons word van geboorte af geleer om alles in terme van ruilhandel te sien. Ons verdien nagereg as ons ons groente eet. Ons kry sakgeld vir takies wat ons doen. Goedere vir geld. Lone vir werk. Waarde vir ooreenkomstige waarde.


Ons is gemaklik daarmee, want daar is 'n deel van ons wat daarvan hou om te voel ons het verdien wat ons ontvang het. Dit verklaar waarom ons geneig is om só ongemaklik te voel as iemand ons met 'n geskenk verras en ons niks in ruil het om vir hulle te gee nie. Jy voel verleë. Iets diep gevestig in ons ou, gevalle natuur wil nie minderwaardig voel nie. Dit is geen toeval dat beide Lucifer se val, asook die heel eerste menslike sonde, deur hoogmoed veroorsaak is nie.


Dit verklaar ook waarom so baie kinders van God sukkel om die verlossing, wat Jesus deur sy dood vir hulle bewerkstellig het, ten volle te ontvang en te ervaar. Die verhouding met God werk nie volgens ruilhandel nie, al benader ons Hom dikwels asof dit wel die geval is. Ons dink: As ek iets goed vir God doen, sal ek iets goed van God ontvang. Dit is nie lewende geloof nie; dis lewelose, ruilhandel-godsdiens.


God vra nie van ons om 'n toegangsprys te betaal nie. Hy vra ons eenvoudig om te kom soos ons is. Jesus het by geleentheid sy Vader se koninkryk as 'n feesmaal uitgebeeld waarheen boodskappers almal op die hoofweë en agterstrate genooi het om te kom eet.


Bêre jou beursie. Jou plek aan tafel is nie te koop nie. Trouens, om te probeer "betaal" is die één ding wat jou diskwalifiseer. Dit word gratis aangebied aan "elkeen wat dit graag wil hê."


Gebedsverklaring: Genadige Vader, ek sal U of u groot genade nie beledig deur met my karige middele te probeer "koop" wat U as 'n buitensporig waardevolle geskenk aangebied het nie. Ek maak nederig en dankbaar my arms oop om te ontvang wat U verlang om te gee.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

7 Days of Meditation and Declarations for Every Son of God

'n Dieper begrip van God se genade sal mans herskep sodat hulle hul identiteit sal vestig op wie hulle werklik in Christus is. In hierdie proses sal hulle toegerus word om die duisternis om hulle te verdryf. “Biddende Ge...

More

Ons wil graag BroadStreet Publishing vir hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://broadstreetpublishing.com/praying-grace-for-men/9781424564163/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid