Sewe Dae van Nadenke en Verklarings vir Elke Seun van GodVoorbeeld

7 Days of Meditation and Declarations for Every Son of God

DAG 2 VAN 7

'n Manlike Toonbeeld van Vriendskap met God

'n Paar jaar gelede het ek 'n huweliksverryking-seminaar bygewoon waarin die spreker sommige van die algemene verskille tussen mans en vroue uiteengesit het. Veral een het my aandag getrek en my gedagtes in 'n onverwagte rigting gestuur.

Hy het gesê: "Vroue ontwikkel en handhaaf oor die algemeen vriendskappe deur saam te gesels, maar mans ontwikkel gewoonlik en behou vriendskappe deur dinge saam te doen." Ek het dit nog nooit gehoor nie, maar hoe meer ek daaroor nagedink het, hoe meer het ek oortuig geraak van die waarheid daarvan. Dit was beslis waar vir my vrou en ek, asook van die meeste mense wat ons geken het.

My wonderlike bruid bestee aansienlik baie tyd op die telefoon, terwyl ek telefoongesprekke ten alle koste vermy. As ek gedwing word om te gesels, hou ek dit so kort as moontlik. Sy skeduleer gereeld gesels-gevulde koffie en middagetes om haar belangrike verhoudings te koester en heilsaam te hou, terwyl ek en my vriende meer geneig is om 'n gholf- of visvanguitstappie te reël, 'n wedstryd op TV te kyk of saam na ʼn hardewarewinkel te gaan. Ja, praat gebeur gewoonlik in die loop van dinge saam met my vriende. Die praat gedeelte is egter 'n natuurlike uitvloeisel van die saamdoen.

Ek het toe nagedink oor hoe ek, en die meeste mans, geleer is om 'n verhouding met God te hê. Daar is vir my gesê 'n verhouding met God beteken om te gaan sit en met Hom te praat . Om my gevoelens te deel en dat hierdie gesprekke lank moes duur.

Sjoe! het ek gedink. Ons kon net sowel vir mans gesê het om 'n pot kamilletee en kant-doilies in te sluit! Terwyl ek daar in daardie huwelik-seminaar gesit het, het 'n vraag my soos 'n voorhamer getref. Is Christenmans 'n vroulike toonbeeld voorgehou om 'n vriend van God te wees? Ek vermoed so.

Ons moet maniere ondersoek om 'n verhouding met God te hê deur dinge saam met Hom te doen. Sommige van daardie "doen" sal ongetwyfeld in jou privaat plek van gebed wees. Daar kan jy egter met vrymoedigheid na jou Vader nader en vra: "Wat wil U vandag doen, Here?" Hy sál jou antwoord.

Saam kan julle twee vir jou gesin veg. Onderwerp jouself en Hy mag jou, deur die Gees, na 'n ver uithoek van die wêreld neem waar jy saam met Hom sal saamwerk om sy planne en doelwitte te bevorder. Saam sal julle dinge regmaak. Dinge verken. Teen sy vyande veg.

Die saam doen hoef nie te eindig wanneer jy jou plek van gebed verlaat nie. Hy is regdeur die dag by jou, gretig om met jou saam te werk in alles wat oor jou pad kom. Het Jesus nie die Heilige Gees ons "spesiale Helper" genoem nie? (Johannes 14:26 DB). Ja, jy sal praat, maar daardie praat sal die natuurlike uitvloeisel wees van saamdoen.

Gebedsverklaring: Vader, wat wil U vandag doen? Ek is reg vir enigiets. Ek is net oorweldig deur die voorreg om U te ken, saam met U te werk ... dat ek weer in vriendskap met U herstel is. Ek kan nie wag om U beter te leer ken terwyl ons verken, dinge herstel, jag, visvang en veg nie ... saam.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

7 Days of Meditation and Declarations for Every Son of God

'n Dieper begrip van God se genade sal mans herskep sodat hulle hul identiteit sal vestig op wie hulle werklik in Christus is. In hierdie proses sal hulle toegerus word om die duisternis om hulle te verdryf. “Biddende Genade Vir Mans” sal mans stap-vir-stap lei op 'n reis van herskepping — na 'n plek van oorwinning, rus, vryheid en vrede. Laat David Holland se woorde jou begelei op hierdie avontuur met 'n betekenisvolle deurbraak as eindbestemming.

More

Ons wil graag BroadStreet Publishing vir hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://broadstreetpublishing.com/praying-grace-for-men/9781424564163/